AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

ANC wil aandag van eie mislukking aflei

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Met sy planne om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, wys die ANC dat hy die aandag van die ware uitdagings van grondhervorming wil aflei.

Dit was die reaksie van mnr. Thomas Walters, DA-skaduminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, op die ANC se aankondiging dat hy die Grondwet in dié opsig wil wysig.

Die DA sal die eiendomsklousules in artikel 25 bly verdedig en só ook die regte van armes vir insluiting by die ekonomie, sê hy.

Volgens Walters is die ANC 'n verdeelde party, verskeur deur korrupsie en wanadministrasie. Dit word toenemend gesien dat hy misluk om die land uit armoede en ongelykheid te lei. Die ANC probeer homself herposisioneer as 'n party van radikale ekonomiese transformasie.

“Grondhervorming is nie met 'n gebrekkige Grondwet opgesaal nie, maar word gekenmerk deur enorme mislukking van grondhervormingsprojekte wat in die staat se sorg is; massiewe korrupsie en wanbestuur; swak administrasie van grondeise en verwante prosesse; en swak toewysing van hulpbronne en begroting deur 'n onbekwame staat.”

Walters sê daar word verkeerdelik gesê die Grondwet beskerm die eiendomsreg van 'n paar mense ten koste van baie. In werklikheid beskerm die Grondwet die eiendomsregte van armes en weerloses teen arbitrêre verlies aan 'n hebsugtige en verdeelde staat wat deur eng belange gedryf word.

Voedselsekerheid geen waarborg

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die ANC-besluit bedreig in wese alle private grondbesit en open die weg om later grond in Suid-Afrika te nasionaliseer.

“Diegene wat glo dat die voorwaardes van die besluit dat voedselsekerheid en die ekonomie nie benadeel mag word nie, sulke onteiening onmoontlik maak, word deur mooi woorde mislei.

“(Mnr.) Cyril Ramaphosa is 'n meester daarvan om klem te lê op die aspekte wat mense gemoedsrus gee, maar die interpretasie van die voorwaardes sal 'n ANC-interpretasie wees,” sê hy.

“Indien die Grondwet eers gewysig is, sal voedselsekerheid so wyd geïnterpreteer word dat landbougrond sonder vergoeding onteien sal kan word.”

As voorbeeld van ANC-interpretasie wys Groenewald op 'n uitlating van Ramaphosa op die konferensie, dat die ANC die ekonomie sedert 1994 gebou en bevorder het.

“Die werklikheid is dat die ekonomie tot 'n groeikoers van 'n skrale 0,6% versleg het.”

Hoewel die ANC 'n meerderheid van twee derdes nodig het om die Grondwet te wysig, het die EFF reeds sy steun vir so 'n wysiging gegee, wat die vereiste tweederdemeerderheid sal gee.

Op Zimbabwe se vernietigingspad

Die burgerregtewaghond AfriForum sê die ANC-besluit kom neer op ’n besluit om diefstal te pleeg en plaas Suid-Afrika op dieselfde vernietigingspad as wat in Zimbabwe die geval was.

Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê respek vir eiendomsreg is ’n kernvereiste vir ’n suksesvolle ekonomie. “Lande wat eiendomsreg skend, word gekenmerk deur werkloosheid, armoede en ekonomiese agteruitgang.”  

Hy sê dit is ’n verdere aanduiding dat die ANC nie die ooreenkomste wat tydens die onderhandelde oorgang van 1994 bereik is, as bindend beskou nie. “Minderhede en ander wat gaan deurloop onder die ANC se verbreking van die 1994-ooreenkoms, kan dus nie hul hoop op enige ANC-leier plaas nie en sal self stappe moet doen om na hul eie belange en eiendom om te sien.”

Kriel meen die ANC se plan sal nie net die ekonomie vernietig nie, maar ook Suid-Afrika op ’n pad van hernieude wrywing en konflik plaas. “AfriForum, sy lede en ander wat ook hard gewerk het vir wat hulle het, sal nie net terugsit en toekyk hoe hul eiendom gesteel word nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.5%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,765.46
-0.1%
Silwer
23.22
-0.5%
Palladium
2,024.00
-2.6%
Platinum
1,039.00
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman
Ek is n fantastiese , avontuurlustige man wat my af dae gewoonlik in die natuur deurbring .Ek is n trotse afrikaner met n sagte hart vir baie dinge soos bevoorbeeld my klein...
Ek wil leef en laat leef
Ek is jonk van gees, avontuurlustig en ewe tuis in n tent of hotel💥Ek waardeer en geniet die eenvoudige dinge in die lewe. Passievol oor diere veral honde en perde....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot