AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Apac haal agente oor die kole

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: LBW-argief
Foto: LBW-argief
Die landbouprodukte-agenteraad (Apac) het in die 2020-’21-boekjaar meer as 10 agente beboet of geskors weens wanpraktyke en swak bestuur van produsente se inkomste.

Mnr. Francois Knowles, registrateur van Apac, spreek in Apac se 2020-’21-jaarverslag sy kommer uit oor die klagtes oor die botsende belange van agentskappe met soortgelyke besighede as die varsproduktemarkte, ongeregistreerde agente in die uitvoer- en lewendehawebedryf, kommissie-aftrekkings wat hoër is as wat met produsente ooreengekom is, en agente wat produkte op krediet verkoop sonder die toestemming van hul prinsipaal.

Die instelling het in Februarie vanjaar ses agente van Fine Bros Markagentskap in die Wes-Kaap, Bloemfontein Markagentskap in Bloemfontein en Gouws en Co Markagentskap in Gqeberha (Port Elizabeth-varsproduktemark) elk met R50 000 beboet vir die laasgenoemde oortreding.

’n Agent van Farmer’s Trust Markagentskap in Tshwane is met R100 000 beboet nadat hy geld onregmatig van ’n trustrekening na sy besigheidsrekening oorbetaal het en nagelaat het om inkomste ouer as 200 dae aan Apac oor te betaal.

Agente van Prinsloo & Venter Markagentskap in Tshwane is elk met R50 000 beboet omdat hulle waninligting van pryse en verkope van produkte aan produsente weergegee het.

Twee agente wat buite varsproduktemarkte sake doen, is geskors nadat hulle nagelaat het om trust-rekonsiliasieverslae aan Apac te stuur.

Strafsake

Apac is tans besig met die saamstel van drie strafsake. Een is teen agente van Wenpro KZN uit 2018, een teen agente van Wenpro Springs uit 2019 en een teen agente van Squires & Sons in Kimberley uit 2019. Die drie sake handel oor R8,516 miljoen wat aan produsente verskuldig is, maar nooit oorbetaal is nie. Hierdie klagtes is reeds voorberei en sal eersdaags by die polisie ingedien word. ’n Vierde saak teen John Bell Markagentskap in Durban van 2016 is steeds hangende by die polisie.

Binne die uitvoerbedryf is verskeie klagtes van produsente én agente oor botsende belange hanteer. In die lewendehawe- en uitvoerbedryf het Apac klagtes ontvang van ongeregistreerde agente wat as prinsipaal vir produsente optree. In die lewendehawebedryf was daar gevalle van kontantverkope deur agente en selfs vervalsde belastingfakture.

Produsente oortree ook

Dit is egter nie net agente wat misstappe begaan nie. ’n Gereelde probleem by die varsproduktemarkte is onvolledige produsente-inligting op verpakking. Alle vars produkte moet die naam, adres en kontakbesonderhede van die produsent op hê. Wanneer hierdie inligting weggelaat is, kan die agent dit aanbring en die koste van die produsent verhaal. Hierdie gevalle word na Prokon, die produktebeheer-agentskap op varsproduktemarkte, verwys.

Verkeerde gewig

’n Bykomende en gereelde kopseer vir Apac is die verskil tussen die werklike gewig van verpakte produkte en die gewig wat op die verpakking aangedui word. Die werklike gewig skiet dikwels te kort. Apac skakel met die nasionale reguleerder vir verpligte aanwysing (NRCS) oor moontlike oplossings.

Apac, ’n onafhanklike, nie-winsgedrewe organisasie, doen al die bogenoemde regulering met slegs sewe werknemers. Hoewel probleme steeds in die uitvoer- en lewendehawe-bedryf bestaan, vorder die proses fluks om die wetgewing te wysig en nuwe reëls gereed te kry. Hierdie reëls sal biosekerheid en voedselveiligheid verseker, maar bowenal, toesien dat die bedrywe wat op landbou-agente staatmaak, veilig en verseker is en dat die sektor ekonomiese groei aanhits.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot