AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9695
42,00
CORN
30 Mrt
-
4650
8,00
SOYA
30 Mrt
-
8325
-58,00
SUNS
30 Mrt
-
8800,2
-18,80
WEAT
30 Mrt
-
6680
1,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4053
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Appèlhof gee Dlamini-Zuma, Ramaphosa pak slae oor tabakverbod

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Foto: GCIS
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Foto: GCIS
Suid-Afrikaanse tabakboere en ander belanghebbendes in die wettige tabakwaardeketting juig oor ’n onlangse uitspraak deur die appèlhof oor die tabakverbod wat tydens die covid-19-inperking ingestel is.

Die respondente is dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en pres. Cyril Ramaphosa.

Die appèlhof handhaaf die uitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad dat die regering se verbod van vyf maande op die wettige verkope van tabakprodukte tydens die covid-19-grendeltyd in 2020 in stryd met die Grondwet en ander wette was. Die applikante was onder meer British American Tobacco Suid-Afrika (BATSA), die Suid-Afrikaanse Tabaktransformasie-alliansie (SATTA) en die Swart Tabakboerevereniging (STBV).

Luidens ’n verklaring deur mnr. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van die landboubelangenetwerk Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai), sal Suid-Afrika se tabakwerkers, -boere en -verwerkers moontlik vergoeding kan eis vir finansiële verliese wat hulle weens die verbod op die wettige verkope van tabakprodukte gely het.

Die appèlhof se uitspraak handhaaf het die uitspraak in die Kaapse hof dat daar tydens die ramptoestand wette was wat Dlamini-Zuma en Ramaphosa toelaat om verkope van sekere produkte te verbied – soos alkohol tydens verskeie stadiums van die covid-19-pandemie. Hul regverdiging vir die verbod op die wettige verkope van tabakprodukte was egter sonder voldoende meriete.

“Dat die min. Dlamini-Zuma verplig was om vinnig op te tree in reaksie op die covid-19-pandemie, het nie die feit verander dat die minister ongrondwetlik opgetree het nie. Die respondente was verplig om hof toe te gaan om hul grondwetlike regte te regverdig. Dit is onbillik dat die respondente hul regskoste moet betaal wat veroorsaak is deur die wyse waarop die minister gekies het om te litigeer,” lui die uitspraak.

Die hof het Dlamini-Zuma en Ramaphosa se appèl met koste van die hand gewys en gelas Dlamini-Zuma en Ramaphosa die koste van BATSA en sy mede-applikante se oorspronklike aansoek in die Kaapstadse hooggeregshof betaal.

Die hof het daarop gewys dat Suid-Afrika se wettige tabakwaardeketting miljarde rande aan potensiële inkomste verloor het, terwyl die fiskus miljarde rande aan potensiële belasting – normaalweg sowat R35 miljoen per dag – kwyt is.

“Vir die duur van die verbod op die wettige verkoop van tabak, kon tabakboere nie hul onlangs geoestde tabak verkoop nie, wat tot niet kon gaan. Hulle kon ook nie hul plase, waarin hulle aansienlike kapitaal belê het, produktief gebruik nie,” lui die uitspraak.

Rossouw sê die tabakproduserende distrikte het groot werksverliese ervaar en duisende gesinne is van ’n inkomste ontneem.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, sê niemand in die wettige tabakbedryf het getwyfel dat die verbod of tabakprodukte ongrondwetlik, onsinnig en dramaties verpletterend vir die ekonomie en werkgeleenthede was nie, maar die tydsverloop in die reg het groot onsekerheid en wantroue in die bedryf veroorsaak. Die enigste mense wat by hierdie verbod baat gevind het, was dié wat by onwettige handel van sigarette betrokke was.

Rossouw sê Saai ondersoek die moontlikheid om skadevergoeding namens tabakverwerkers, -produsente en -werkers te eis.

Mnr. Lungi Mtshali, woordvoerder van Dlamini-Zuma se departement, sê aangesien die kabinet die verbod op die wettige verkope van tabakprodukte ondersteun het, sal die regering die uitspraak bestudeer en mettertyd kommentaar lewer.

Klik hier vir die hofuitspraak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.4%
Rand - Pond
22.30
+0.0%
Rand - Euro
19.62
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
967.60
-0.1%
Palladium
1,433.34
-1.1%
Goud
1,967.54
+0.2%
Silwer
23.64
+1.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,323
+0.7%
Alle aandele
76,945
+0.6%
Hulpbronne 10
67,706
+1.6%
Industriële 25
103,609
+0.3%
Finansiële 15
15,665
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot