Dié wetsontwerp maak voorsiening daarvoor dat die minister van arbeid en indiensneming numeriese teikens vir gelyke indiensneming kan stel vir alle ekonomiese sektore.
Volgens die landbousakekamer Agbiz het die staat “baie ambisieuse” teikens aan die landbou gestel, maar een ligpunt is dat ondernemings met minder as 50 werknemers vrygestel is van die wet se indiensnemingsteikens.
“Die departement van arbeid en indiensneming het reeds met die landbousektor in gesprek getree oor die voorgeskrewe teikens,” skryf mee. Annelize Crosby, hoof van regsintelligensie by Agbiz, en Thapelo Machaba, landbou-ekonoom en beleidsontleder by Agbiz, in ’n inligtingstuk.