AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Arbeid op plase raak risiko, sê TLU SA

Werkverliese in die landbou is regstreeks toe te skryf aan die Regering se verkiesingsbeloftes, meen die TLU SA én die VF Plus.

Die skokkende syfers oor werkloosheid wat Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak het, staan in skrille kontras met pres. Jacob Zuma se verkiesingsbeloftes vroeër vanjaar om binne 'n afsienbare tyd 6 miljoen nuwe werkgeleenthede te skep, indien die ANC herkies sou word.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor arbeid, sê veral die syfers rakende die landbou is erg kommerwekkend, maar dat die VF Plus lank reeds waarsku teen werkverliese te wyte aan die ANC se arbeidsbeleid en die feit dat veral boere geteiken word deur opstokers wat geweld en wanorde in die landbousektor aanjaag, soos die onrus op plase by De Doorns in die Wes-Kaap.

Alberts sê boere gaan toenemend op groot skaal meganiseer en hul bedrywighede so ver moontlik afskaal om met slegs die allernodigste werkers oor die weg te kom.

“Met die president se beloftes in Januarie oor die 6 miljoen werkgeleenthede het hy onder meer gesê dit sal gedoen word deur groot werkskeppingsprogramme in die openbare sektor.

“Kort daarna, met sy staatsrede in Februarie, het hy weer gesê die Regering sal ingryp om werkers se omstandighede te verbeter met die daarstelling van 'n minimum-loon.  Minimum-lone is juis een van die redes vir werkverliese.

“Dit is hierdie soort teenstrydighede wat 'n mens laat wonder oor die Regering en sy leiers se vermoë om hoegenaamd 'n wesenlike verbetering in die land se ekonomie en sy arbeidsprobleme te bewerkstellig,” sê Alberts.

* Statisiek SA se syfers oor werkverliese, veral in die landbou, moet as ’n groot skok vir die Regering kom, sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA. Veral ná die aankondiging dat tot ’n miljoen werksgeleenthede in die landbou geskep gaan word.

“Dit wys net dat die Regering moet ophou om onrealistiese verwagtinge te skep, maar eerder nugter moet besin oor wat haalbaar is in die landbou en wat nie,” sê Meintjes.

“Die landbou is ’n hoeksteen van die ekonomie. As daardie hoeksteen uit iets anders as ekonomiese beginsels sou bestaan, sal alles wat daarop gebou word inmekaar tuimel. “As die Regering kom met onsinnige voorstelle, soos dat werkers die helfte van ’n boer se plaas moet kry, maak hy van arbeid ’n risiko vir ’n boer en kan hy niks anders verwag nie as dat boere eerder van hulle risiko’s ontslae sal raak.

“Die TLU SA se standpunt is dat die Regering moet ophou om polities-gewilde uitsprake te maak en moet kyk na wat ekonomies haalbaar is en in die beste belang van die land. Die TLU SA het ’n plig om na die belange van sy lede en die breër landbougemeenskap om te sien en nie om betrokke te raak by onrealistiese en sigbaar mislukkende regeringsplanne nie,” sê Meintjes.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.11
-0.1%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,695.58
-1.0%
Silwer
20.06
-2.9%
Palladium
2,186.50
-3.3%
Platinum
915.02
-1.1%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot