AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

As Jeff Bezos van Amazon kon boer...

Die besigheidsfilosie van Jeff Bezos, Amazon se uitvoerende hoof, is ook van toepassing op boerdery, reken dr. Kobus Laubscher.

Jeff Bezos is die uitvoerende hoof van Amazon en die wêreld se tweede rykste persoon. Amazon kan volgens berigte die eerste maatskappy met ’n jaarlikse omset van meer as 1 triljoen Amerikaanse dollar word (in rand word die nulle eenvoudig te veel!).

Bezos se besigheidsfilosofie en werksetiek speel duidelik 'n pertinente rol in Amazon se sukses. Sy benadering is selfs tot op plaasvlak van toepassing op die landbou.

Hoe werk dit?

Bezos onderskei tussen dag een en dag twee en verduidelik dat hy en sy span ’n dag een-benadering volg omdat dag twee die begin van die einde van 'n besigheid kan beteken. Dag twee simboliseer stagnering, wat lei tot die stadige dood van 'n besigheid. Bezos se strategie fokus op die behoud van die lewenskragtigheid van 'n dag een-benadering, terwyl hulle ook werk om die mentaliteit van dag twee af te weer.

Sy suksesresep rus op vier pilare – 'n obsessie met verbruikersvoorkeure, 'n skeptiese siening omtrent plaasvervangers, 'n gretigheid om eksterne tendense aan te neem en die spoed van besluitneming.

Boere kan met reg vrae hê oor die toepaslikheid van 'n obsessie met die verbruiker, gegewe die afstand tussen plaashek en vurk. Daar is egter verskeie maniere van fokus, naamlik fokus op mededingers, fokus op tegnologie en fokus op 'n besigheidmodel.

As die verbruiker nie die sentrale fokus is nie, faal die besigheid omdat die meeste verbruikers oorwegend ontevrede is. Hulle demonstreer ook hul ontevredenheid en die uitdaging lê daarin om dieper te delf, soos om namens die verbruiker te innoveer.

Bezos sou 'n obsessie hê daarmee of die skakel tussen die plaashek en die vurk innoverend genoeg is en die verbruiker genoeg verstaan. Die verbruiker se begrip behoort te kan deurvloei van die boer en hy moet produksie kan rig.

Plaasvervangers

Tweedens waarsku Bezos teen plaasvervangers, bv. waar die proses die werklikheid vervang. So word verbruikersnavorsing 'n plaasvervangers vir verbruikers self. Gegewe die belangrikheid van die produk wat die plaashek verlaat, sou Bezos wou weet of plaasvervangers in pas is met wat die verbruiker wil hê. Boere mag nooit argumenteer dat hulle aanbod 'n eie vraag sal skep nie.

Wat buite die grensdrade van die plaas gebeur, het 'n toenemend 'n invloed op wat op die plaas gedoen kan word. Behalwe om op hoogte te wees van die nuutste tendense, moet boere ook die tekens herken wat tot dag twee kan lei. 'n Geveg teen nuwe benaderings en ontwikkeling, is volgens hom 'n geveg teen die toekoms. Omarming van eksterne tendense (wat buite die grensdrade gebeur) kan die verskil tussen sukses of mislukking beteken.

Die laaste aspek handel oor die spoed van besluitneming. Bezos waarsku teen die gevare van one-size-fits-all. Baie besluite is omkeerbaar – 'n tweerigtingdeur! Ongelukkig verontagsaam talle boere die waarde van 'n soortgelyke benadering.

Bezos erken dat as hy alleen besluite sou neem, Amazon op groot geleenthede sou uitmis. Hy het egter soms besluite toegelaat waarmee hy aanvanklik nie saamgestem het nie. Boere kan leer by hom van hoe om te verskil maar te verbind – daarmee kry besluitneming 'n turboaanjaer. 'n Soeke na genoegsame inligting voor besluitneming lei tot verlamming. Begin die water toets met selfs 70% kennis/ inligting. Gegewe die baie onbekendes in landbou, sou Bezos in hierdie opsig goed vaar as boer.

* Dr. Kobus Laubser is 'n landbou-ekonoom en voormalige hoofbestuurder van Graan SA.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot