AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Australië verwelkom droogtehulp

Regeringshulp van R3 miljard aan Australiese boere word verwelkom, maar 'n beleid oor droogte is noodsaaklik.

Die Australiese federale regering se droogtehulp-pakket van R3,17 miljard vir boere wat onder een van die ergste droogtes nóg gebuk gaan, is ’n welkome antwoord op die benarde situasie waarin melkboere in Queensland en Nieu-Suid-Wallis hulle bevind.

Tesame met die droogte het een van die ergste hittegolwe wat aangeteken is, die suidooste van Australië in Januarie vyf dae lank behoorlik laat sweet. In Wes-Australië het die kwik tot 49,2 °C gestyg en in Suid-Australië tot 47,2 °C, terwyl die temperature in Victoria en Tasmanië by 46,5 °C gedraai het.

Mnr. Noel Campbell, voorsitter van die Australiese Melkboerevereniging, sê hoewel die ramphulp minder is as waarvoor hulle gevra het, is dit ’n tydige en goed deurdagte reaksie. Die eerste minister, mnr. Tony Abbott, het die droogte trouens tot ’n natuurramp verklaar. En nóg steun vir boere en hul gesinne is beloof: R2,7 miljard is toegewys as konsessie-lenings vir plase wat deur die droogte geraak is; ’n ekstra R116 miljoen vir waterinfrastruktuur en die uitroei van plae; sowel as R97 miljoen vir plaagbestryding in droogtegeteisterde gebiede en R104 miljoen vir voorligtingsdienste.

Die ruggraat van die ekonomie
“Plaasondernemings en hul gesinne in Australië ly geldelik en emosioneel weens die langdurige droogte,” sê Abbott. “Boerdery is deel van die ruggraat van ons ekonomie en dit sal in die toekoms ook ’n noodsaaklike rol speel. Dié droogtehulp-pakket is daar om plase, gesinne en gemeenskappe te ondersteun wat nou swaar trek, en om hulle op die been te help wanneer die huidige droogte verby is.”

Volgens mnr. Brent Finlay, president van die Nasionale Boerefederasie, sal die regeringsmaatreëls help met talle kwessies waarmee boere nou worstel: stygende skuldvlakke, die betaling van verbandpaaiemente, beperkte water vir lewende hawe, persoonlike stres en die bestryding van probleemdiere. Maar hy hoop op vir ’n droogtebeleid op lang termyn. “Dié pakket verleen onmiddellike bystand. Ons moet die landbou egter op die nasionale radar hou. Ons moet toesien dat ’n duidelike en goed afgebakende beleid ’n voorrangsaak vir die regering is.”

Mnr. Andrew Ogilvie, president van die Australiese Beesboerevereniging, sê die droogtehulp het op ’n goeie tyd vir beesvleisboere gekom. Die beesbedryf maak ’n groot deel van die Australiese landboubedryf uit. “Die droogte het aansienlike gevolge vir die beesvleisbedryf. 'n Rekord-getal diere is in 2013 geslag en uitgevoer soos wat boere van voorraad wou ontslae raak.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-1.2%
Rand - Pond
20.09
+0.7%
Rand - Euro
17.58
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,703.83
-1.3%
Silwer
20.01
-5.0%
Palladium
2,204.00
-5.1%
Platinum
910.50
-2.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,250
-1.0%
Alle aandele
65,636
-1.0%
Hulpbronne 10
63,564
-1.6%
Industriële 25
79,295
-1.0%
Finansiële 15
13,993
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot