AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Australiese melkboere ontevrede

Australiese melkboere is baie ontevrede nadat supermarkte besluit het om hul pryse aan boere tot AU$1 per liter te verlaag.

Australiese melkboere is baie ontevrede nadat supermarkte besluit het om hul pryse aan boere tot AU$1 per liter te verlaag.


Luidens ’n berig op KondininGroup beskuldig die boere die land se regering daarvan dat hulle nie die boere se voortbestaan in ag neem nie.


Die Australiese regering het ’n verslag aangevra ná ’n besluit deur die Coles-, Woolworths- en Aldi-supermarkgroepe om hul eie handelsmerk-melk teen AU$1 te verkoop. Dié verslag het in die supermarkte se guns bevind.

“Die verslag sê die sny van die pryse was tot voordeel van verbruikers en het nie Australië se suiwelmark nadelig beïnvloed nie,” lui die berig.


Wet oortree

Die kwessies wat uit dié verslag voortgespruit het, stem ooreen met dié wat in 2010 in ’n verslag, Milking it for all it's worth, voorgekom het. Volgens die Australiese Mededingings- en Verbruikerskommissie (ACCC) kon geen bewyse gevind word dat die Wet op Handelspraktyke oortree is nie en sal die ACCC voortgaan om die sektor te monitor vir enige on-mededingende gedrag.


Mnr. Chris Griffin, voorsitter van die Australiese Melkboerorganisasie, sê die land se regering skuil agter die kommissie, en is “ondoeltreffend en magteloos”.


“Die regering het duidelike en onteensegbare bewyse ontvang dat Coles se bemarkingstaktiek ’n baie nadelige invloed op gesinne in die melkproduksiebedryf het en stappe moet nóú gedoen word.”


Bron: KondininGroup


8 Februarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
+0.1%
Rand - Pond
20.85
+0.2%
Rand - Euro
18.61
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,027.47
+1.6%
Palladium
1,677.03
+0.4%
Goud
1,916.01
+0.2%
Silwer
23.51
+0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot