
Die bedryfsliggaam Meat and Livestock Australia (MLA) is besig met ’n appèl in dié land se federale hof teen twee patente wat dié land se patentekantoor onlangs teen twee Amerikaanse maatskappye, Cargill USA en Branhaven LLC, toegestaan het.
Die patente het te doen met ’n manier om teeleienskappe te identifiseer uit ’n monster uit ’n sel-nukleus van die dier. Die MLA grond sy aansoek op die potensiële impak wat só ’n patent sal hê op die bedryf se vermoë om genomika te gebruik en sê die patent is so breed dat dit genomika-seleksie vir alle beesproduksiekenmerke raak.
Die organisasie staan ’n soortgelyke aansoek van ’n Australiese maatskappy teen, op dieselfde gronde.