
Die Four Paw- dierebeskermingsorganisasie sê Bahar, die Bengaalse tier wat twee weke gelede by Lionsrock Big Cat Sanctuary naby Bethlehem aangekom het, pas goed aan in sy nuwe omgewing.
Bahar is van ‘n dieretuin in Jordanië deur die Prinses Alia-stigting gered, aangesien hy daar mishandel is. Prinses Alia het die stigting op die been gebring om diere te help beskerm.
Nog diere op pad
Die organisasie en Lionsrock sê hulle wag ook op die aankoms van ‘n leeu en nog ‘n tier later die maand. Nog groot katte word later die jaar by die sentrum, wat reeds 76 leeus huisves, verwag.
Die organisasie probeer die voortbestaan van groot katspesies verseker, aangesien tiere amper ‘n bedreigde spesie is, en baie leeus en tiere deesdae in aanhouding geteel word en grootword. Kyk hier na `n video van dié eksotiese kat.
17 Februarie 2011