AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Badsberg is bobaas van SA Jongwyne

Die Badsberg Wynkelder van Rawsonville het die twee top-trofeë in die gesogte SA Jongwyn-toekennings verower.

Badsberg Wynkelder het skitterend presteer by die 2016 SA Jongwyn-toekennings.

Keldermeester Willie Burger en sy voortreflike span wynmakers het dié kompetisie se twee top-trofeë losgeslaan. Badsberg se gehoute Pinotage is met die Generaal Smuts-trofee bekroon as algehele SA Kampioen-jongwyn vir 2016. Die kelder het boonop vir die vyfde keer die gesogte Pietman Hugo-trofee, vir die hoogste puntetelling met die vyf beste inskrywings, verower.

Badsberg het ook ‘n drietal SA Kampioen-trofeë ingepalm. Hul top-presteerder gehoute Pinotage is as SA Kampioen Pinotage aangewys. Daarbenewens het die Badsberg Chardonnay/Chenin Blanc (gehout) en Chenin Blanc (gehout) die SA Kampioen-trofeë vir onderskeidelik Wit Versnit en Chenin Blanc ontvang.

Bon Courage het uitgeblink met twee SA Kampioen-trofeë vir Natuurlike Soet Witwyn en Edellaatoes.

SA Kampioen-trofeë is ook toegeken aan:

Flagstone: SA Kampioen Sémillon.

Namaqua Wines: SA Kampioen Sauvignon Blanc.

Spier: SA Kampioen Chardonnay (gehout).

Van Loveren: SA Kampioen: Ander Wit Kultivar (Colombar).

Diemersdal: SA Kampioen Rooi Versnit (Cabernet Sauvignon/Shiraz gehout).

Nuy: SA Kampioen Shiraz (gehout).

Alto: SA Kampioen Cabernet Sauvignon (gehout).

DGB Boschendal: SA Kampioen Merlot (gehout).

KWV: SA Kampioen Ander Rooi Kultivar (Petit Verdot, gehout).

Boplaas: SA Kampioen Port.

Excelsior Vlakteplaas: SA Kampioen Dessertwyn (Rooi Jerepiko).

OWK Keimoes: SA Kampioen Muskadel (Wit Muskadel, gehout).

Uit die 1 868 ingeskrewe wyne, het 17 SA Kampioen-trofeë gewen, 51 klaswenner-status behaal en 64 goue medaljes ontvang.

Die skitterwyne van die 2016-oesjaar is op ‘n glansryke gala aand, aangebied deur Agri-Expo met ondersteuning van Sanlam en Santam, in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum bekend gemaak.

Die SA Jongwynskou is die oudste wynskou in Suid-Afrika. Dit dateer terug na 1833 toe die eerste skou deur die Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap (nou Agri-Expo) in die Tuine in Kaapstad  gehou is.

Foto-byskrif: Die Badsberg-span: Van links is keldermeester Willie Burger: Jaco Booysen, assistent-wynmaker; Nicholas Husselman, wingerdboukundige en Henri Swiegers, senior wynmaker. Fotograaf: Andrew Gorman

Badsberg-lowres.jpg-600

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.6%
Rand - Pond
20.10
+0.0%
Rand - Euro
17.69
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,701.33
-0.7%
Silwer
20.25
-2.0%
Palladium
2,188.00
-3.3%
Platinum
920.00
-0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot