AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Baie om oor positief te wees in SA’

Daar is baie om oor positief te wees in Suid-Afrika, sê ’n politieke ontleder.

Te veel mense voel ‘verlam’ deur die gebeure en politieke retoriek wat daagliks om hulle afspeel sonder om werklik te sit en ’n behoorlike bestekopname van die goeie te doen.

Die land is struktureel gesond, stabiel en het ’n oop gemeenskap. Die Grondwet is ’n bastion teen verval en hier is nie ’n fenomeen van terrorisme en stamgevegte nie. Só het mnr. Max du Preez, ’n politieke ontleder en gasspreker tydens die Sybokhaarkwekersvereniging se jaarkongres op Graaff-­Reinet gesê.

Du Preez het gesê Suid­-Afrika stuur nie af op ’n mislukte staat of piesangrepubliek nie. “As ons vir Zuma alleen die skuld daarvoor gee, wat gaan ons sê as Donald Trump die volgende Amerikaanse president is – dat dit ook ’n piesangrepubliek is?”

Du Preez het die ANC as een van die mees volwasse en verantwoordelike bevrydingsorganisasie in Afrika bestempel, maar het bygevoeg dat dit deur drie belangrike gebeure die afgelope paar jaar geraak word. Dit is die verlangsaming in ekonomiese groei, toenemende populisme en die verbrokkeling van die party.

Word daar egter verby die slegte gekyk, is daar ook goeie nuus. “Na al die storms wat om die president se kop losgebars het, is daar nou konsensus by die ANC dat hy nie goed vir die beeld van die party is nie, maar nog verdra sal moet word om te keer dat die party heeltemal disintegreer.”

EFF

Du Preez voorspel dat die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) die party met die grootste groei in die volgende verkiesing sal wees en net ’n kortkop agter die Demokratiese Alliansie (DA) sal eindig. Hy voorsien verskeie koalisies tussen die DA en ANC eerder as wat die partye met die EFF gaan saamwerk.

“Die party wat hieruit voortspruit, sal goed vir die land wees met die EFF en Cosatu wat linkse en die Vryheidsfront wat regse belange verteenwoordig. Nog goeie nuus is dat die EEF daarin geslaag het om die dominerende rol van die ANC af te breek.” Hoewel dit kommerwekkend is dat ’n groot persentasie van diegene wat na die demokratisering van die land gebore is nou werkloos is, is dit is daar reeds sowat 6 miljoen middelklas swart Suid-Afrikaners.

“Dit is húlle wat nie leë rakke soos in Zimbabwe wil hê nie. Dalk moet ons vir Mugabe ’n monument bou omdat hy daarin geslaag het om sy land ekonomies te ruïneer. Het hy dit nie gedoen nie, sou dit die dalk die roete wees wat die meerderheid Suid-­Afrikaners verkies het.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot