AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Banke sal Grondwethof toe oor onteiening

Die onteiening van grond gaan nie só maklik deurgevoer word nie, sê die Bankvereniging van SA.

Die handelsbanke sal die Grondwethof nader om sekere aspekte van die  Onteieningswet ongrondwetlik te laat verklaar sodra dit onderteken word, het mnr. Ernst Janovsky, hoof van AbsaAgribesigheid se sentrum vir uitnemendheid, onlangs gewaarsku. Nico van Burick het gaan kyk wat die banke se standpunt is.

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa), pleit by die Regering om 'n gebalanseerde benadering met die Onteieningswetsontwerp te volg ten einde die onberekenbare risiko wat dit vir banke inhou, te verminder.

Basa, wat 32 handelsbanke verteenwoordig, sê in sy kommentaar op die voorgestelde wetgewing dat die banksektor 'n kritieke belanghebbende is weens die aansienlike bedrae krediet wat toegestaan word op eiendomme.

Reeds in 'n voorlegging aan die parlementêre portefeulje komitee vir openbare werke in Julie verlede jaar het Basa daarop gewys dat altesaam R2,3 biljoen se verbandlenings, waarvan sowat R70 miljard se verbandlenings dié van die landbousektor is, by handelsbanke gesetel is.

Vyf kritieke kwellinge bestaan, wat volgens Basa aangespreek moet word om die wetsontwerp gebalanseerd en volhoubaar te maak. Dit sluit in dat dit in lyn moet wees met internasionale norme; dit moet in lyn wees met die Grondwet; daar kort duidelikheid oor definisies; beskerming van eiendomsregte en toepassing van die beginsel van regverdigheid en billikheid.

Basa het sy vernaamste kwellinge en aanbevelings in vier afdelings verdeel:

1. Onteiening voor toegang tot die howe.

Die wetsontwerp maak voorsiening dat onteiening kan voortgaan as 'n ooreenkoms oor vergoeding nie bereik kan word nie. Die eienaar kan hom dan tot die hof wend maar hy word ontneem van sy eiendom sowel as enige vergoeding totdat die saak besleg is.

Basa sê in baie gevalle sal eienaars nie die regskoste kan betaal nie en as hulle 'n inkomste uit die eiendom verdien, sal hulle daarsonder ook moet klaarkom. Dit kan hulle verplig om enige aanbod te aanvaar.

Verder is daar nie duidelikheid oor wat met onteiening vir “openbare doeleindes” bedoel word nie. Daar is sowat 70 staatsinstellings wat sal kan onteien en daar kan maklik misbruik wees.

Aanbevelings: 'n Duidelike definisie van “openbare doeleindes” in lyn met internasionale norme. As die eiendom nie gebruik word vir die doel waarvoor dit onteien is nie, moet die eienaar dit kan terugkoop teen die vergoedingsbedrag. Die publiek moet bevoordeel word by onteiening en nie net 'n individu nie.

2. Vergoeding

Die wetsontwerp maak voorsiening vir 80% van die vergoeding by onteiening en 20% later. Die rente op die uitstaande bedrag is onaanvaarbaar laag en benadeel die eienaar , veral as die proses uitgerek word.

Aanbevelings: By onteiening moet 100% van die vergoeding betaal word. Indien 20% later  betaal word, moet dit teen 'n aanvaarbare rentekoers wees en binne 12 maande betaal word.

3. Verwatering van regte

Die banke se regte as verbandhouers word nie in ag geneem nie. By onteiening moet die verbandhouer betrek word by die prosesse en vergoeding en moet die verbandhouer instem tot die proses. Dit lyk of dit nie die geval is nie en daarom is dit strydig met die Grondwet en ook insolvensiewetgewing.

Aanbevelings: Waar 'n verband op eiendom is, moet die verbandhouer deel van die proses vorm ook wat kennisgewings en vergoeding betref. Die definisie van “eiendom” moet beperk word tot nie-roerende bates en natuurlike hulpbronne om dit in lyn te bring met internasionale norme en standaarde.

4. Bepaling van ‘regverdige en billike’vergoeding

Van die vyf faktore wat in ag geneem word, is markwaarde net een. Finansiële instellings word deur die Bankwet verplig om markwaarde te gebruik as maatstaf vir lenings. As die onteieningsliggaam se vergoeding minder as markwaarde is, beteken dit 'n verlies vir beide die finansiële instelling en die eienaar.

Indien banke verliese ly sal hulle lenings vermy waar eiendom as sekuriteit aangebied word of hulle sal meer konserwatief raak in die toestaan van lenings en hulle uitleenkoerse verhoog. Dit kan lei tot voedselonsekerheid, werksverliese en finansiële uitsluiting.

Basa sê dit was juis om dié rede dat die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming in 2012 'n waarborg gegee het dat uitleners nie verliese sal ly as vergoedingsvlakke laer as markwaarde is nie.

Aanbeveling: Hierdie waarborg moet in die wetsontwerp ingeskryf word.

Slotbetoog

In sy slotbetoog sê Basa wêreldwyd is onteiening 'n emosionele en omstrede kwessie. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie waarsku dat dit maklik tot magsmisbruik kan lei en dat goeie regering nodig is om 'n balans te vind tussen die noodsaaklikheid vir die staat om grond te bekom en die beskerming van eienaars se regte.

“Die banksektor steun die Regering se pogings om wanbalanse van die verlede reg te stel deur prosesse soos grondhervorming,” sê mnr. Cas Coovadia, besturende direkteur van Basa. “Dit moet egter volhoubaar wees en nie omstandighede skep wat die probleem vererger nie.

“As die wetsontwerp nie aangepas word soos voorgestel nie, kan dit tot 'n verdere verwatering van eiendomsregte lei en plaaslike sowel as buitelandse beleggers ontmoedig met negatiewe sosio-ekonomiese gevolge vir die land.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot