AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

BAT bevestig afleggingsproses weens onwettige handel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Weens onwettige tabakhandel wat aanhou toeneem, moet die sigaretvervaardiger British American Tobacco (BAT) ’n herstruktureringsproses ondergaan.

Luidens ’n verklaring wat vandag gepubliseer is, het BAT met ’n konsultasieproses ingevolge Seksie 189 (1) van die Arbeidswet begin na aanleiding van verdere verliese van sigaretvolumes in die land. Die herstrukturering sal na verwagting sowat 200 poste beïnvloed.

Volgens BAT is die verlies aan sigaretvolumes feitlik heeltemal weens die voortslepende impak van die toename in onwettige sigarethandel in Suid-Afrika vanweë die “ongrondwetlike” verbod op die verkoop van sigarette gedurende die nasionale inperkingsperiode in 2020.

“Die verbod op tabakverkope van 2020 het gelei tot ’n ontploffing in groei wat die onwettige mark betref. Die impak daarvan duur voort selfs ná die verbod verstryk het,” lui die verklaring.

“BAT het in 2019 sowat 1 800 hoogs gekwalifiseerde personeel regstreeks in diens geneem. Sedert 2020 moes ons meer as 30% van ons personeel aflê.”

Gedurende dieselfde tydperk het die maatskappye sowat 40% van sy sigaretverkope verloor weens die onwettige mark se groei. BAT beraam dat onwettige sigarethandel al bykans 70% van die land se totale sigaretmark vorm.

“Hierdie onwettige handel het ’n noemenswaardige impak op die volhoubaarheid van die wettige tabakbedryf gehad en dien as ’n bron van finansiering vir kriminele organisasies in Suid-Afrika.”

BAT meen wetstoepassing en nuwe beleide is noodsaaklik om onwettige handel hok te slaan. “Terwyl BAT onlangs pogings van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en wetstoepassingsagentskappe om die onwettige sigaretmark vas te vat, verwelkom, versoek ons ook dat sterker opgetree moet word, gegewe dat die huidige benadering nie die oplewing van onwettige sigarette stuit nie.

“SAID het belangrike nuwe beleide bekend gestel, maar dit is nou tyd om vervaardigers se nakomingsbeleid te oudit. Om wetstoepassingsagentskappe te steun en hul doeltreffendheid te bevorder, asook klante te help om tussen onwettige en wettige aanbiedinge te onderskei, word ’n beleid vir ’n minimum kleinhandelprys benodig.

“Onwettige handel beroof Suid-Afrika van miljarde rande se broodnodige belastinginkomste en die impak daarvan op wettige bedrywighede, hul ondernemings en ongelukkig die lewensbestaan van belanghebbendes in die waardekettings, is nou duidelik sigbaar. Wettige besighede kan nie mededingend funksioneer indien die land se wette nie toegepas word nie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot