AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bedrywe bloei weens bek-en-klouseer

Varkboere, die rooivleis- en melkbedryf bloei tans weens die opskorting van uitvoere met die uitbreking van bek-en-klouseer.

Varkboere, die rooivleis- en melkbedryf bloei tans weens die opskorting van uitvoere met die uitbreking van bek-en-klouseer, wat gelei het tot die opskorting van die uitvoer van enige diere met gesplete hoewe en talle dierverwante-produkte.


Mnr. Simon Streicher, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie (SAVPO), sê die prys aan boere het sedert die opskorting van die status met 5% gedaal.


“Dis meer as R1 per kilogram, wat ’n slag is vir die boer, aangesien hy met meer vleis sit en die plaaslike vraag nie toeneem nie. Ons spook en spartel, ons voel dit.”


Streicher sê baie varkboere sit met meer diere as gewoonlik, omdat die slagplase nie meer diere as gewoonlik kan koop nie. Dit lei daartoe dat wanneer van die diere wel gekoop word, hulle groter is as wat voorgeskryf word en hul graadwaarde daal. So verloor boere geld.


Tot wanneer

Streicher sê hulle is al moedeloos met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. “Ons bel hulle elke dag en al wat hulle sê, is ons moet wag, hulle is besig met onderhandelinge.”


Mnr. Gerhard Schutte, hoof uitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie, sê van die kenners in die land voorspel dat dit tot twee jaar kan duur voordat die land sy status as vry van bek-en-klouseer herstel is. “Dit is die high road scenario – ons hoop dit gebeur nie so nie.”


Schutte sê sowat ’n halfpersent van die land se rooivleisproduksie word uitgevoer. Wat skaapvleis betref, beloop die uitvoer R19 miljoen per jaar, en beesvleis is R74 miljoen. Vir elke jaar wat die land se status opgeskort is, kos dit die rooivleisbedryf dus R93 miljoen.


Melkbedryf ly ook skade

Intussen het Clover en Parmalat aan Landbou.com aangedui dat hulle ook skade ly weens die uitbreking. Mnr. Manie Roode, adjunk- uitvoerende hoof van Clover, sê hulle kan tans nie onverwerkte melk na Botswana uitvoer nie.


Vanaf Februarie vanjaar kon hulle nie sowat drie miljoen liter  onverwerkte melk na die buurland uitvoer nie, wat tot dusver ’n verlies van R3,5 miljoen vir die maatskappy se bedryfswins beteken. Dit melk moet tans vir die plaaslike mark aangewend word, wat weer ’n uitwerking kan hê op die prys wat hulle plaaslik verdien.


Parmalat verwag om aansienlike verliese aan te teken. Die suiwelreus sê omdat Botswana net gepasteuriseerde melk toelaat, moes hulle ekstra onkoste aangaan om hul fabriek in die buurland van melk te voorsien. Die verliese is nog nie bereken nie.


27 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.11
+1.0%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.36
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,914.91
+0.8%
Platinum
1,023.63
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,173
+1.4%
Alle aandele
75,334
+1.4%
Hulpbronne 10
75,189
+1.6%
Industriële 25
92,282
+0.8%
Finansiële 15
15,820
+2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot