AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beeld van landbou: ‘Breek die stilte’

Die tyd is dalk nou ryp om die stilte te breek om die landbou na nuwe hoogtes te neem, het ? bemarkingspesialis oor die beeld van die sektor op 'n Nasie in Gesprek gesê.

“Boere is soos bye, hulle is baie stil, maar sonder hulle sal almal doodgaan.” Só is die tyd dalk nou ryp om die stilte te breek om die landbou na nuwe hoogtes te neem. Dit is die mening van mnr. Rob van Rooyen, uitvoerende direkteur: strategie van House of Brave, tydens ‘n Nasie in Gesprek-sessie op die laaste dag van Nampo 2015.

Die tema van die gesprek was die “Bevordering van die Beeld van Landbou” met die bekende TV-persoonlikheid, Jeremy Maggs, wat die sessie gelei het. Die paneellede was  mnre. Francois Strydom, hoof uitvoerende beampte van Senwes, Chris Venter, hoof uitvoerende beampte van AFGRI, Omri van Zyl, hoof uitvoerende beampte van Agri SA, asook Andy Rice, voorsitter van Yellowwood, Rob van Rooyen, uitvoerende direkteur: strategie van House of Brave en me. Phumi Mashigo, stigtingsvennoot van Ignitive.

Soos alles in die lewe het die beeld van die landbou ook twee kante: Dit wat die sektor van homself dink, en dit wat die persepsie daar buite is. Só het Maggs sy saadjie vir die gesprek geplant.

Persepsie en feite

Strydom het gesê dat die landbou nie anders as ander sektore is nie, “elke sektor het ‘n beeld. Maar dit is belangrik om hier tussen persepsie en feite te onderskei. Ons beeld is dat ‘n produsent dinamies en pragmaties is, en dat die boer oor jare sy posisie in die mark versterk het.”

Venter gesê dit is egter nie maklik om persepsies te verander nie. Om persepsies te verander, moet ons eers individue met passie soek, en hulle dan vorentoe neem deur hulle te ondersteun.”

Van Zyl het genoem dat die landbou baie doen om die beeld te verander. “Ons moedig self die private sektor aan om ook deel te raak van die sektor. Dit sal daartoe lei dat die sektor net al hoe vinniger sal groei.” En nuwe boere sal dan die sektor betree. “Ons het fantastiese mense. Die wêreld dink ons sektor is op steroïdes.”

Bemarkingsfundi’s se menings

Die bemarkingsfundi’s het toe hul landbou-insette gelewer: Rice het gesê dat die woord “brand" of kenteken  sy oorsprong in die landbousektor het, maar dat dit ironies is dat die fokus van hierdie gesprek juis nou op die beeld van hierdie éinste sektor is: “Ek dink deel van die probleem in die landbou is dat ons nie wéét wat die probleem is nie. Ons het nie ‘n kwantitatiewe idee van die probleem nie. Jy kan nie ‘n raaiskoot by jou beginpunt A neem nie, dan gaan jy verseker nie jou eindbestemming by punt B bereik nie.”

Van Rooyen het verwys na ‘n John Deere-slagspreuk waaraan hy help werk het: “Jou toekoms is groen.” Ek dink dit opsigself was dit ‘n baie belangrike en positiewe sin wat passie en trots terugbring het. Maar dit gaan nie net om die kleur van die landbou te verander nie. Daar is verseker bitter interessante dele in die sektor. Ek dink jong mense is nou baie meer oop vir die landbou as ‘n loopbaan.”

Mashigo het ook op ‘n kenteken gefokus: “Die realiteit is dat in sekere gevalle, maak nie saak hoeveel keer jy oor die kenteken verf nie, dit sal nie die persepsie verander as daar fout met die karakter is wat jy probeer bemark nie.”

Boere is soos bye!

Oor bemarking het Van Rooyen dit goed opgesom “Boere is soos bye, hulle is baie stil maar sonder hulle gaan almal doodgaan.” So is die tyd dalk nou ryp om die stilte te breek om landbou na nuwe hoogtes te neem.

Strydom het genoem dat die landbousektor die bemarking moet doen, “die media is net die medium wat ons moet gebruik, dit bly ons in die landbousektor se verantwoordelikheid om die goeie stories te vertel,” het Francois passievol gesê en daarby gevoeg dat “ons nie die sosiale media moet onderskat nie,” in verwysing na die massiewe verkeer op al die sosiale mediaplatforms tydens die afgelope week se Nasie in Gesprek.

Om mee af te sluit, gaan dit daaroor om eienaarskap van die beeld van die landbou te neem; en almal binne en buite die sektor kan hiermee te help. “Anders gaan ons oor twee jaar weer oor dieselfde dinge praat,” het Rice gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.2%
Rand - Pond
20.13
+0.2%
Rand - Euro
17.52
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,687.57
+1.6%
Silwer
20.39
+7.1%
Palladium
2,247.58
+3.7%
Platinum
900.00
+4.1%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,825
+0.8%
Alle aandele
64,209
+0.8%
Hulpbronne 10
61,564
+2.2%
Industriële 25
77,497
+0.1%
Finansiële 15
13,826
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot