AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beesboere in Namibië probeer oorleef

Namibiese beesboere probeer nou ? hele kalfseisoen sonder toegang tot die Suid-Afrikaanse mark oorleef, terwyl voerkrale duur voerkoste sal behels.

Beesboere van Namibië probeer uithou om 'n hele kalfseisoen sonder Suid-Afrikaanse marktoegang te oorleef, maar talle is nie in staat om van 'n speenkalf- na 'n osboerderystelsel oor te skakel nie.

Die gesukkel om speenkalwers na Suid-Afrika uit te voer, is druk bespreek deur boere wat 'n inligtingsdag by mnr. Diethelm en mev. Katja Metzger en hul seun en skoondogter, Nikolai en Nicola, by Seeis in Namibië bygewoon het. Hulle is verlede jaar as Landbouweekblad en Breedplan se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar aangewys. Hulle boer onder meer met Simbra-beeste en bedryf 'n osstelsel.

Landbouweekblad het agterna met Diethelm gesels. Hy het gesê elke land het sy protokol vir uitvoere, maar Suid-Afrika het “vir watter rede ook al” nuwe maatreëls ingestel wat dit vir Namibiese beesboere onmoontlik maak om hul speenkalwers na dié buurland uit te voer.

Daar is aankopers wat speenkalwers koop en dit dan na Suid-Afrikaanse voerkrale aanry. Sedert 1 Mei vanjaar is dit nie meer moontlik  nie. Gevolglik het die Namibiese mark vir speenkalwers feitlik ineengestort.

“Ek kan dit nie verstaan  nie. Ons speenkalwers maak net 10% van Suid-Afrika s’n uit. Die impak van ons uitvoere is dus baie klein,” het hy gesê. Soos hy verstaan, is die Suid-Afrikaanse standpunt dat die helfte van die speenkalwers wat van Namibië af kom, op die ope mark beland het en nie uitsluitlik in voerkrale soos dit hoort nie.

Metzger sê as Suid-Afrika nie beheer oor sy eie beesbedryf het nie, is dit hulle probleem en kan Namibië nie daarvoor blameer word nie. “Ek dink dit is 'n poging van die Suid-Afrikaanse produsente om dit vir ons onmoontlik te maak om ons speenkalwers daarheen te stuur omdat hulle dink ons bietjie vee druk hul beespryse af. Ons is tog almal saam in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en behoort dit makliker vir mekaar te maak om handel te dryf, nie moeiliker nie,” volgens Metzger.

Hopelik gaan vergaderings tussen die twee lande die saak oplos waar die betrokkenes ooreengekom het om in- en uitvoerriglyne (protokol) op te stel. Dit gaan egter nie vinnig geskied  nie.

Intussen moet die Namibiese beesboere 'n hele kalfseisoen probeer oorleef sonder toegang tot die Suid-Afrikaanse mark. Talle produsente is egter nie in staat om die speenkalwers terug te hou en later as osse te verkoop nie, hetsy op die veld of deur hulle op kraal te hou, want voer is duur. Die land moet feitlik al sy veevoer invoer. Daar is ook nie altyd genoeg veld vir 'n osboerdery nie.

As sake nie na normaal terugkeer nie, sal hulle hul eie voerkrale moet ontwikkel, maar dit sal duur voerkoste behels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.06
+0.2%
Rand - Euro
17.66
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,695.08
-1.0%
Silwer
20.08
-2.8%
Palladium
2,184.23
-3.4%
Platinum
915.84
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot