
Beesboere moet bewus wees van wat in die waardeketting aangaan en van hoe die verbruiker verander, om te kan oorleef en groei. Só het die hoofbestuurder van Breedplan SA, dr. Michael Bradfield, het aan omtrent 220 boere by Landbouweekblad se Oplossings vir die Landbou-konferensie gesê.
Hy’t gesê van die faktore wat die bedryf op die oomblik vinnig verander, is vakuumverpakking en ontbening. Hy sê verbruikers het byvoorbeeld as gevolg van vakuumverpakking wegbeweeg daarvan om T-been te eet na snitte sonder been, soos fillet, kruisskuif, “rib-eye” en “sirloin”.
Bradfield sê boere moet verlief neem van die feit dat groot kleinhandelaars 60% van die bedryf beheer, en hy het gewaarsku dat daardie persentasie gaan toeneem.
Hy het gesê dis uiters belangrik dat boere die waardeketting verstaan en beïnvloed. Hy sê boere moet eienaarskap van hulle produk neem en verbruikers opvoed oor die verskeidenheid biefstuksnitte beskikbaar, hoe om dit reg gaar te maak en om dit te laat rus né dit gaargemaak is. Hy sê beesboere kan baie by hoenderboere leer, in terme van hoe om mededingend te wees en om tegnologie te gebruik om voer optimaal om te skakel in vleis.
Hy het aan kommersiële beesboere die belangrikheid van die keuse van die regte bulle uitgewys, omdat jou bul “oor drie generasies ’n 90% bydra tot die genetiese samestelling van jou kudde maak”.
Hy sê die dae van ’n “mooi bul” is verby, en dat ’n bul spesifiek gekies moet word om geld te maak. Dit moet dus funksioneel wees en aangepas by die omgewing waar hy gaan werk. Hy sê ’n kommersiële boer moet ’n “teelstelsel” by ’n stoetboer koop, en nie net ’n bul nie.