AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Beetle Dune Volkswagen se sandtrapper

Oudag was dit sommer ’n agterplaas-naweekjoppie om ’n Kewer in ’n duinebesie te omskep, maar Volkswagen se nuwe Beetle Dune is heelwat méér gesofistikeerd!

Met die koms van die jongste Beetle-geslag het Volkswagen nogal hard getokkel op die emosionele nostalgie van ’n ouer geslag Kewer-aanhangers. Daardie lawaaierige, olierige en lugverkoeldes wat opraendes gevrees het… dis nou die rygoed en nie die aanhangers nie, hoor!

Die gedagte aan ’n oorgangs- (“crossover”) of stoftrapper-weergawe vir die (nuwe) Beetle het nie oornag in die een of ander Volkswagen-ontwerper se kop geklouter nie. Reeds in 2000, nog lank voordat die sogenaamde “crossovers” motormode geraak het, het Volkswagen al begin roei met die idee en is ’n Dune-konsepmodel by die Los Angeles Auto Show vertoon.

In Suid-Afrika kry die Dune sy woema van Volkswagen se bekende viersilinder 1.4 TSI-enjin wat met 110 kw drywing spog en dit deur ’n sewegang DSG-ratkas na die voorwiele stuur. Die Dune het ’n aantreklike en parmantig houding en staan lekker hoog op die 18 duim Canyon allooiwielvellings. Dit is veral die nuwe luginlaat en heuningkoek-sierrooster aan die voorkant wat verras terwyl die breë ontwerpstyl en ronde hoofligte behoue bly.

Subtiele dofswart-afwerking word aan weerskante ingespan om sekere elemente te beklemtoon en die agressiewe en sportiewe houding te versterk. Die groot wielvellings noodsaak uitgeboude modderskerms wat baie goed vir die groter bakwerk pasgemaak is.

’n Groterige lugskot, nuut-ontwerpte LED-agterligte en ’n nuwe stamper met heelwat dofswart-elemente rond die agterkant netjies af. Die Dune is effe breër èn met 14 mm méér grondvryhoogte ook effe hoër as die standaard Beetle. Dit is beskikbaar in wit, silwer en geel wat almal goed met die dofswart kontrasteer.

Die binneruim-afwerking en -ontwerp is geensins afgeskeep nie en dit pas goed by die algemene voorkoms. Die pryslys strek van R312 400 tot R416 700, wat darem BTW en uitlaatbelasting insluit. En, o ja, daar is ’n diensplan van vyf jaar of 60 000 km, ’n waarborg van drie jaar of 120 000 km en ’n waarborg teen roes vir 12 jaar. Dei versieningsintervalle is 15 000 km.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot