AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Begroting: Beleidsonsekerheid moet verdwyn

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Die regte geluide word gemaak, maar dis beleidsekerheid wat beleggers sal lok word sodat Suid-Afrika sy ekonomiese groeimikpunte kan behaal, meen kommentators.

Die regte geluide word gemaak, maar dis beleidsekerheid wat beleggers sal lok word sodat Suid-Afrika sy ekonomiese groeimikpunte kan behaal, meen kommentators.

Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, het gister Suid-Afrika se mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR) in die parlement ter tafel gelê.

Volgens mnr. Wouter Wessels, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor finansies, blyk dit dat Godongwana nes sy onmiddellike voorgangers Suid-Afrika se begrotingsprobleme raaksien en oplossings daarvoor soek.

Tot nou toe het die woorde geen dade van die regering gewek nie. Hy sê solank die ANC-regering aan sy huidige beleidsrigtings vaskleef, sal geen vordering gemaak word met Suid-Afrika se benarde fiskale situasie nie.

Godongwana het die noodsaaklikheid van ekonomiese groei en beleggingsekerheid in die MTBR erken. “Dit word egter nie net in die wiele gery deur beleidsonsekerheid nie, maar deur beleid en beperkende wetgewing wat beleggers afskrik en skadelik is vir ekonomiese groei. Korrupsie en die agteruitgang van infrastruktuur vererger die situasie.”

Hoewel Godongwana oor strukturele ekonomiese hervormings gepraat het, is daar nie ’n konkrete plan om Suid-Afrika se energiekrisis weens Eskom se ineenstorting te takel nie. Privatisering is die enigste uitweg, meen Wessels.

Help private sektor

TLU SA stem saam dat dit belangrik is dat Suid-Afrika se beleidsomgewing by die private sektor vertroue skep.

Godongwana soek beleggings van en vennootskappe met die private sektor om finansieringstekorte vir verskeie projekte aan te vul en te help om die land se werkloosheidkrisis te takel. “As die staat die private sektor se hulp nodig het, moet hy dié sektor bemagtig met ’n beleidsomgewing wat vertroue inboesem. Daar is dan nie meer plek vir dinge soos onteiening sonder vergoeding nie, ook moet weggedoen word met swart ekonomiese bemagtiging (SEB) wat inderdaad kaderontplooiing impliseer en tekorte aan kundigheid veroorsaak,” sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. Hy verwelkom die aankondigings oor die belangrikheid om korrupsie, misdaad, deursigtige tenders en opleiding aan te pak.

“Dit is egter ’n feit dat sowat 27,8 miljoen mense in Suid-Afrika maatskaplike toelaes ontvang, wat die gevaarligte laat flikker.

“Die hoeveelheid maatskaplike toelae is buite perke. Dit is nie volhoubaar nie gegewe die swak ekonomiese groei en Suid-Afrika se skuldlas en kredietgradering. Die regering moet besef jy kan net iets uitdeel as jy dit self het! Die regering is inderdaad besig om in die praktyk Suid-Afrika in ’n sosialistiese bestel in te bestuur.”

Rakende verwysings na stabiele energievoorsiening glo Van Zyl dit is belangrik dat die private sektor so gou moontlik met gemak betrokke raak by die opwekking van elektrisiteit.

Spoorvragvervoer sal landbou help

Agri SA en Agbiz het mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, se klem op strukturele hervormings verwelkom, veral die verbetering van logistieke infrastruktuur om groei in uitvoer vir Suid-Afrika se landbousektor te stimuleer.

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se afdeling vir ekonomie, het dit verwelkom dat Godongwana ’n “tawwe liefde”-benadering jeens staatsinstellings gaan volg en die oopstel van die spoorvragvervoernetwerk om private deelname teen einde 2022 te laat verwesenlik. “Meer as 75% van landbougoedere word padlangs vervoer en die terugbeweeg na spoor sal beduidend gunstige implikasies vir die sektor inhou.”

Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, sê met die verwagte toename in landbouproduksie in die komende jare sal doeltreffende hawens en grensposte die sleutel wees om Suid-Afrika se landbou volhoubaar te maak. Hy sê dat meer as 70% van Suid-Afrika se graan en oliesade tans padlangs vervoer word en dat private deelname in die spoorvragvervoer van Transnet die landbousektor sal help, aangesien die sektor lank reeds daarna smag om van sy goedere spoorlangs te vervoer. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.07
+1.6%
Rand - Euro
17.42
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.76
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,638.10
-0.3%
Silwer
18.54
-1.8%
Palladium
2,087.76
+0.7%
Platinum
861.00
+0.3%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot