AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Begroting: Geen keer aan landbouprestasie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Die landbousektor gaan ondanks Suid-Afrika se swak ekonomie en die covid-19-pandemie na verwagting sy groeineiging vir ’n tweede jaar voortsit.

Die sektor het in die eerste helfte van 2021 met 8,3% gegroei teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Dit is volgens die tesourie se mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR) wat in die parlement ter tafel gelê is.

Ramings dui op ’n stewige opbrengs vir somergrane, maar die uitsette vir wintergrane kan laer wees as in 2020. Ander goeie nuus is dat veeboere hul kuddes herbou met die weiveld wat in dele van Suid-Afrika van die droogte herstel het.

Landbou-uitvoer het goed presteer, met sitrusuitvoer wat vir die derde jaar goeie groei getoon het. Die skerp styging in die pryse van landboukommoditeite wêreldwyd kan op mediumtermyn afplat.

Ondersteuning

Die begroting van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling vir die 2021-’22-boekjaar is van R16,9 miljard aangepas na R18 miljard. Altesaam R243 miljoen van pres. Cyril Ramaphosa se werkskeppingsingryping wat nie bestee is nie, sal weer uitgereik word. Die program vir voedselsekerheid, grondhervorming en restitusie kry ’n bykomende R750 miljoen as deel van die president se werkstimulus vir jeugdiges. Die werkstimulusprogram is om ondersteuning te bied aan regstreekse werksgeleenthede vir voorligtingsbeamptes en die gegradueerdes van die landelike jeugkorps.

Die verwagting is dat dit die verskaffing van insette en marktoegang sal verbeter.

Vordering

Die departement het 1 037 ha wat strategies geleë is, in die eerste helfte van die 2021-’22-boekjaar aangekoop. In dié tydperk is die koop van 14 894,4 ha goedgekeur, maar dit moet nog oorgedra word. Wanneer dit gedoen is, sal die departement sy gestelde halfjaarteiken van grondaankope met 8 353 ha oorskry. Die teiken vir die jaar is 33 720 ha.

Om te verseker dat die jaarteiken bereik en die oordrag bespoedig word, is verkopers aangemoedig om landmeters aan te stel. In die eerste kwartaal van die 2021-’22-boekjaar is slegs twee projekte voltooi om boere te ondersteun. Die doelwit is om 25 boere te ondersteun. Die departement verwag dat hy wel dié teiken aan die einde van die boekjaar sal bereik.

In die begroting in Februarie het die tesourie aangedui dat altesaam R7 miljard aan die Land Bank oor drie jaar beskikbaar gemaak sal word. In die MTBR word aangedui dat R5 miljard vir die 2021-’22-boekjaar hiervoor begroot is. In die daaropvolgende twee boekjare sal R1 miljard per jaar toegestaan word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot