AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Begroting: Godongwana sit voet neer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Die staat wil met die mediumtermynbesteding wegbeweeg van ’n verbruiks- en krisisreaksie na beleggings wat groei bevorder, sê mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies.

Die staat wil met die mediumtermynbesteding wegbeweeg van ’n verbruiks- en krisisreaksie na beleggings wat groei bevorder, het mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, gesê toe hy die mediumtermyn-bestedingsraamwerk in die parlement ter tafel gelê het.

Dit kom in ’n tyd dat die covid-19-pandemie Suid-Afrika se armoede- en werkloosheidskrisis vererger het. Om dit teen te werk sal baie hoër vlakke van ekonomiese groei, ondersteun deur strukturele hervormings, verbeterde staatskapasiteit en volhoubare openbare finansies verg. Openbare besteding kan die grondslag vorm, maar dit kan nie beleggings van die private sektor en werkskepping vervang nie.

Hy’t gewaarsku dat hy “tawwe liefde” gaan toepas wanneer dit by die uithelp van staatsinstellings kom wat huself in die moeilikheid bevind. Daar is nie verdere geld vir hulle begroot nie en daar gaan volgens Godongwana waarskynlik ook nie in die Februarie 2022-begroting daarvoor voorsiening gemaak word nie.

Hy het gesê dit is net te maklik vir mense om nie te presteer nie en wanneer hulle nie geld het nie, kla hulle net en word gehelp. Strategiese instellings, waarsonder Suid-Afrika glad nie kan klaarkom nie, sal egter gehelp word wanneer hulle in nood verkeer.

Hervorming

Die staat beoog om op mediumtermyn strukturele hervorming te versnel om groei te bevorder, terwyl fiskale konsolidasie op koers gehou word om die begrotingstekort te verklein en die skuldvlak te stabiliseer.

Die verwagting is dat belastinginkomste vir die 2021-’22-boekjaar R120,3 miljard hoër sal wees as wat in die 2021-begroting geprojekteer is. Hoewel dit steeds laer is as skattings voor die pandemie, bied dit die staat die nodige ruimte met die hantering van onmiddellike fiskale druk, terwyl voortgegaan word om openbare finansies te stabiliseer. Dit sal ook aangewend word vir korttermynondersteuning aan besighede wat geaffekteer is deur die pandemie en die openbare geweld wat in Julie in Gauteng en Kwazulu-Natal voorgekom het.

Dis egter belangrik om te beklemtoon dat hoewel groter ekonomiese uitsette behaal is met die wêreldwye toename in die vraag na Suid-Afrikaanse kommoditeite wat tydelik ekonomiese groei en belastinginkomste verhoog het, het dit nie beleggings aangewakker en werkloosheid verlig nie. Besighede bly gestrem deur langsame versperrings soos elektrisiteitstekorte, ondoeltreffende spoorvragvervoer, onvoldoende breëbandspektrum-internet en administratiewe rompslomp.

Strukturele hervormings wat versnel gaan word, sluit in die diversifikasie van elektrisiteitsopwekking en bykomende stappe na ’n mededingende energiemark; die vrystel van breëbandspektrum-internet, met die veilingsproses wat op 1 Maart 2022 sal begin; die opening van derdepartytoegang tot die spoorvragvervoernetwerk teen einde 2022 om kapasiteit te verhoog; die bevordering van toerisme met die eVisa-stelsel wat in Maart 2022 begin; die hersiening van die wetlike regime vir migrasie van vaardighede; en die versnelling van belegging in infrastruktuur. Die belegging op infrastruktuur vir die volgende drie jaar word op R500 miljard geskat.

Skuld

Die staat sal oor die volgende drie jaar meer vir rente op sy skuld betaal, teen gemiddeld 21 sent vir elke rand se inkomste wat ingewin word, as wat hy aan gesondheid, maatskaplike ontwikkeling of veiligheid en sekuriteit gaan bestee, het Godongwana gesê.

Die bruto binnelandse produk (BBP) sal na verwagting tot 5,1% in 2021 styg, voordat dit tot gemiddeld 1,7% oor die volgende twee jaar gaan afneem. Hierdie koers is egter te laag om in Suid-Afrika se ontwikkelingsbehoeftes te voorsien. Staatskuld sal na verwagting toeneem van 69,9% van die BBP in die 2021-’22-boekjaar tot 77,8% van die BBP in die 2024-’25-boekjaar.

Dit word geprojekteer dat inflasie 4,5% in 2021 sal bereik, wat opwaartse druk reflekteer van nie-kerninflasie, veral kos- en energiepryse, terwyl kerninflasie onder druk sal bly. Ná 2021 word verwag dat inflasie op vlakke van rondom 4,5% in die daaropvolgende jare sal wees.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.7%
Rand - Pond
20.15
-1.0%
Rand - Euro
17.72
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,664.22
+0.2%
Silwer
19.09
+1.4%
Palladium
2,176.00
-1.3%
Platinum
866.00
-0.2%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is n introvert, baie lief v die natuur
Rustige liefde volle mens wat n maat soek wat lief kan he en na mekaar kan luister, en net die lewe geniet
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot