AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Begroting: Godonwana ‘moet onthou landbou is bate’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Landbouprodusente is die grootste bate van Suid-Afrika, sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Landbouprodusente is die grootste bate van Suid-Afrika en daar moet seker gemaak moet word dat hulle aanbou produseer, sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Die organisasie wil hê mnr. Enoch Godonwana, minister van finansies, moet dit in gedagte hou wanneer hy Suid-Afrika se mediumtermynbegroting Donderdagmiddag in die parlement ter tafel lê.

Pres. Cyril Ramaphosa het Godonwana in Augustus as minister van finansies aangestel nadat mnr. Tito Mboweni bedank het.

Die afgelope dekade was Godonwana die voorsitter van die ANC se kommissie vir ekonomiese transformasie. Hy was ook al LUR van finansies in die Oos-Kaap.

Van Zyl sê die insetkoste van die landbou het buite verhouding gestyg en die winsgewendheid van boere is onder druk. Dit beteken dat boere keuses moet maak om in produksie te bly wat tekorte van sommige kommoditeite kan teweegbring. Die regering behoort ernstig te kyk in hoe ’n mate hy vir die landbou verligting met die styging van dieselpryse kan bewerkstellig. “ ’n Groot woord van dank moet teenoor die landbouwaardeketting uitgespreek word wat in die jongste tyd onder ongunstige omstandighede steeds voldoende voedsel geproduseer het om gesonde en bekostigbare voedsel op verbruikers se tafels te plaas.”

Suid-Afrika is nie in ’n goeie posisie nie. Rommelstatus, werkloosheid, te lae ekonomiese groei, onaanvaarbare vlakke van misdaad, ’n bevolking wat in effek ’n mosie van wantroue stel in die bestel deur middel van lae stempersentasie, verswakkende infrastruktuur en ’n beleidsomgewing wat te veel onsekerheid skep met dinge soos onteiening sonder vergoeding, is van die aspekte wat stremmend inwerk op ekonomiese vertroue.

Druk

Godonwana is onder druk oor verhogings in die reeds buitengewoon hoë salarisse in die staatsdiens. Verder kom verskeie semi-staatsinstellings nie die mas op nie, wat verdere reddingsboeie gaan vereis, sê Van Zyl. “Die prys van kaderontplooiing het te hoog geword weens ’n gebrek aan kundigheid. Die storting van bykomende finansiële ondersteuning is inderdaad net wat dit sê, naamlik storting, maar ongelukkig in bodemlose putte.”

Die kern van die minister van finansies se begroting moet wees om uitgawes te besnoei en aspekte wat groei kan stimuleer, soos die vestiging van infrastruktuur, te finansier. Die dilemma is egter dat korrupsie steeds blyk endemies te wees en dat geld nie korrek aangewend word nie of verdwyn met weinig of geen resultate nie.

Die uitroei van korrupsie en die daarstel van die beste kundigheid om in die onderskeie departemente die werk te doen, is ’n voorvereiste vir sukses met die aanwending van geld wat in die begroting toegewys word.

Van Zyl sê die landbou wil hê dat die regering beter voorsiening moet maak vir rampe ten einde die kommersiële boere in produksie te hou. “Tydens die covid-19-pandemie het die regering meer as R1 miljard se hulp aan die landbousektor gegee, maar ongelukkig slegs aan daardie deel van die sektor wat ongeveer 3% tot die nasionale voedselmandjie bydra.”

Navorsing gekoppel aan voorligtingsdienste is noodsaaklik ten einde die sektor se mededingendheid te behou of te verkry. Dit is noodsaaklik dat die beste kundigheid hiervoor gebruik word en dat die beleid van swart ekonomiese bemagtiging laat vaar word. Daarvoor behoort ook beter begroot te word.

Beleidsomgewing

Die huidige beleidsomgewing en die toepassing daarvan het veroorsaak dat Suid-Afrika se kredietwaardigheid tot rommelstatus afgegradeer is.

“Daar moet ernstig besin word of daar voortgestu kan word met die huidige benadering. Die begroting kan net tot sy reg kom as ’n aantal kwessies uit die weg geruim kan word, naamlik, raak volledig ontslae van korrupsie, staak kaderontplooiing en stel kundiges aan, besnoei uitgawes en neem met elke besluit die impak op ekonomiese groei in ag.”

Volgens Van Zyl bly dit ’n ope vraag of die ideologiese omgewing wat die ANC nastreef, hom enigsins kan leen tot die regte dinge wat behoort te gebeur.

Mnr. Kulani Siweya, landbou-ekonoom van Agri SA, glo dat die mediumtermynbegroting vertroue op verskeie terreine behoort te skep. “Dit is iets wat ons broodnodig het, gegewe die afname in investering in infrastruktuur, asook die behoefte aan inklusiewe groei wat tans nie onderhandelbaar is nie.”

Agri SA verwag dat Godongwana se beleidstelling twee hooftemas sal bevat.

Die eerste is die aansienlike afname in die tempo van fiskale agteruitgang as gevolg van ’n kommoditeitsprys-meevaller wat inkomste opstoot, en die gunstige uitwerking daarvan op die fiskale verhoudings van ’n hoër nominale BBP ná afloop van Statistieke SA se vergelykingstudie. Die tweede tema is na verwagting die onsekere skuldvooruitsig, hoewel vanaf ’n meer gunstige aanvangsposisie.

Hierdie gunstige aspekte is van ’n korttermyn-aard is. Die langtermynvooruitsig moet nie uit die oog verloor word nie, maan Siweya, veral weens die talle strukturele probleme wat die land steeds in die gesig staar.

“Van die dinge waarna ons sal kyk, sluit in sentimente rondom staatsondernemings en moontlike onbegrote reddingsboeie, asook die nasionale tesourie se onderneming om besteding in te kort. Ons glo dat dit ons óf op die pad na algehele herstel sal plaas, óf dat ons meer van dieselfde van die nuwe minister en sy span kan verwag,” sê hy. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.9%
Rand - Pond
20.04
+0.5%
Rand - Euro
17.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,712.18
-0.3%
Silwer
20.60
-0.2%
Palladium
2,273.90
+0.7%
Platinum
926.00
+0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot