AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Begroting: Skamele groei gaan nie die pyp rook

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in 2022 met 0,6 persentasiepunt meer gegroei as verwag, maar mnr. Enoch Godongwana het tydens sy begrotingsrede benadruk selfs dit is nie genoeg om ’n duik in die hoë werkloosheidskoers te maak nie.

Danksy stewige groei in die landbou- en dienstesektor gedurende die derde kwartaal van 2022 én hoë kommoditeitspryse, het Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar met 2,5% gegroei.

Hoewel meer as die 1,9% wat tydens verlede jaar se mediumtermynbegrotingsrede voorspel is, is die groei steeds minder vergeleke met 2021 se groei van 4,9 %.

Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, het Woensdag tydens die bekendmaking van die 2023- nasionale begroting vooruitsigte vir die land se ekonomiese groei bekendgemaak.

Groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan na verwagting verlangsaam weens die strawwe elektrisiteitsonderbrekings, die wêreld se grootste ekonomieë wat swakker vaar en die knaende hoër inflasie.

Die verwagte ekonomiese groei vir 2023 word daarom afwaarts tot 0,9% aangepas en daar word verwag dit sal in 2025 tot 1,8% herstel. “Hierdie groeikoerse is veel laer as wat nodig is om werk te skep en armoede uit te roei,” het Godongwana gesê.

Godongwana waarsku verder oor groot druk op huishoudings weens stygende lewenskoste. “Belastinginvordering sal ook na verwagting minder wees en die regering se uitgawes sal beter beplan moet word terwyl maatreëls vir ekonomiese groei stukrag kry.”

Godongwana glo ook die verbetering in die prys van edelmetale wat ekonomiese groei en belastinginkomste oor die afgelope twee jaar gesteun het, kom tot ’n einde.

Enkele kwessies uit die begroting


Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ontvang R7,8 miljard wat oor die volgende drie jaar ingespan sal word vir onder meer biosekuriteit, om landbouproduksie aan te moedig en natuurlike hulpbronne, soos water, te bestuur.

Belasting bly die regering se hoofbron van inkomste, gevolg deur lenings.


Maatskaplike toelaes
, wat gemeenskapsontwikkeling, indiensnemingsprogramme, gesondheid, onderwys en maatskaplike ontwikkeling insluit, is die regering se grootste uitgawes. Maatskaplike toelaes sal in lyn met verbruikersprysinflasie (VPI) verhoog. R36 miljard word aan covid-19 welsynstoelaag toegewys.Die R350-toelaag sal tot 31 Maart 2024 voortduur.Teen Maart 2026 sal 19,6 miljoen mense maatskaplike toelaes vanaf die regering ontvang.

Die Land Bank ontvang sy R5 miljard, onderhewig aan sekere voorwaardes. Dit is voorheen in reserwe gehou. Volgens die begrotingsoorsig het die Land Bank se finansiële posisie intussen verbeter, maar bly die instelling steeds ’n wanbetaler van sy skuld.

Die regering neem R254 miljard van Eskom se skuldverpligtinge oor as deel van breër energiesektor-hervormings. (Lees hier meer.) 

Die 2023-begroting verlaag wel die gekonsolideerde begrotingstekort tot sy laagste vlak sedert die 2017-’18-boekjaar.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.23
-0.8%
Rand - Pond
22.25
-0.1%
Rand - Euro
19.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-1.5%
Platinum
972.13
-1.3%
Palladium
1,413.10
-0.7%
Goud
1,997.74
+0.2%
Silwer
23.24
+0.6%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
68,683
-2.0%
Alle aandele
74,175
-1.9%
Hulpbronne 10
63,527
-2.6%
Industriële 25
101,235
-1.4%
Finansiële 15
15,025
-2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot