AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3074
-11,00
SOYA
19 Okt
-
7155
-50,00
SUNS
19 Okt
-
10655
52,00
WEAT
19 Okt
-
5728
-14,00
WMAZ
19 Okt
-
3180,6
-19,40
YMAZ
19 Okt
-
3340
-16,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Begroting: Steun vir landbou is steun vir ekonomiese groei, sê Agri SA

akkreditasie
Ten spyte van hael en ysreën is die vrugte- en groenteboere van die Wes-Kaap dankbaar vir die koue en reën wat einde Oktober daar uitgesak het. Foto: Johan van der Merwe
Ten spyte van hael en ysreën is die vrugte- en groenteboere van die Wes-Kaap dankbaar vir die koue en reën wat einde Oktober daar uitgesak het. Foto: Johan van der Merwe
Mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, sal moet bewys hy is verbind tot fiskale konsolidasie wanneer hy op 26 Februarie sy nasionale begrotingsrede lewer, sê Agri SA.

Die organisasie verwag dat dié begrotingsrede moeilik gaan wees, aangesien Mboweni die begroting binne die konteks van swak ekonomiese groei, beurtkrag en ’n potensiële kredietafgradering deur Moody’s moes opstel. “Die afwering van ’n afgradering is heel waarskynlik boaan sy agenda,” lui die verklaring.

Agri SA meen nog besonderhede oor die toepassing van strategieë vir ekonomiese herlewing, soos die nasionale tesourie se ekonomiese strategie en die planne waarna verwys pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede verwys het, sal noodsaaklik wees om beleggers se vertroue te wen.

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se afdeling vir ekonomie en handel, sê die landbousektor is een van die sleutelsektore wat ekonomiese groei kan ontsluit as dit met sekerheid en binne ’n gunstiger ekonomiese omgewing bedryf kan word.

Hy sê aangesien die landbousektor ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie speel, verwag die organisasie dat die begroting dit ook moontlik sal maak om die landbou se mededingendheid te bevorder. “Dit moet boere – veral in die droogtegeteisterde gebiede – ondersteun sodat die sektor kan voortgaan om voedsel vir die land te produseer en ’n bydrae kan lewer tot werkskepping en armoedeverligting soos beoog in hoofstuk 6 van die nasionale ontwikkelingsplan.”

Balans

Luidens die verklaring is ’n balans tussen staatsinkomste (belastinginkomste) en -uitgawes sentraal tot dié begroting. “Haalbare planne sal aangekondig moet word om die begroting te balanseer, terwyl die belangrikheid van ekonomiese groei in ag geneem word. Die begroting moet ook die risiko van toenemende staatskuld aanpak.”

Agri SA hoop dat Mboweni die volgende elemente in sy begrotingsrede sal aanpak:

  • Droogtehulp. Doeltreffende en vinnige regstreekse hulp aan droogtegeteisterde gebiede en boere.
  • Elektrisiteit. Hervorming in die elektrisiteitsektor, verligting van Eskom se voorsieningbeperkings (beurtkrag) en die onderneming se finansiële probleme moet aangepak word.
  • Grondhervorming en hulp aan opkomende boere. Meer finansiering vir grondhervorming en ondersteuning vir opkomende boere is noodsaaklik.
  • Biosekerheid. Finansiering om Suid-Afrika se biosekerheidsmaatreëls te steun en te versterk. Daar moet ook verseker word dat daar genoeg personeel met behoorlike opleiding is om die maatreëls toe te pas.
  • Sukkelende munisipaliteite. Planne om munisipaliteite se sakemodelle te moderniseer, asook om hul bestuur en dienslewering te verbeter.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.8%
Rand - Pond
20.08
+0.4%
Rand - Euro
16.98
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,781.72
+1.0%
Silwer
23.76
+2.5%
Palladium
2,075.50
+2.8%
Platinum
1,056.00
+1.7%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.3%
Alle aandele
66,912
+0.3%
Hulpbronne 10
64,002
+0.8%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot