AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Begroting: Uitbreiding van dieselrabat goeie nuus

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Jeanne van der Merwe
Ter illustrasie. Foto: Jeanne van der Merwe
Die belastingaansporing vir eie hernubare kragopwekking en die uitbreiding van die dieselrabat na voedselvervaardigers is van die goeie nuus in vanjaar se begroting vir die voedsel- en landbousektor.

Dr. Mmatlou Kalaba, senior ontleder van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP), het gesê die feit dat nie net die primêre landbou die dieselrabat kan benut nie, maar ook voedselvervaardigers, kan voordele inhou vir onder meer braaihoenderprodusente.

Kalaba het in ’n begrotingsbespreking, aangebied deur die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR), gesê die primêre landbou word ook geraak deur die terugslae wat vervaardigers van voedselprodukte weens beurtkrag ervaar.

Mnr. Charles de Wet, belastingkundige van die prokureursfirma ENS Africa, het aan Landbou.com gesê die proses om die korting terug te eis, is ingewikkeld.

Dit klink wel of daar dalk hoop is in dié opsig, omdat dr. Victor Thindisa van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling in die NLBR-bespreking gesê het die departement is in gesprek met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om die uitgerekte vereistes om die dieselrabat terug te eis, wat veral vir kleiner boere baie moeilik is, te verander.

Aansporings vir eie kragopwekking

Die aansporing vir ondernemings dat hulle 125% van die beleggingskoste om hul eie hernubare krag te kan opwek, van hul belasbare inkomste kan aftrek, is goeie nuus vir boerdery-ondernemings, sê De Wet. Dit is ’n verhoging van wat die huidige belastingaansporings behels.

Die aansporings vir individue om sonkrag deur panele op hul dak op te wek, skep wel vrae. Dit bedra 25% van slegs die koste van sonpanele, geld net vir een belastingjaar, vanaf 1 Maart 2023, en is beperk tot ’n maksimum R15 000. “ ’n Groot deel van die koste van ’n sonkragstelsel is die omsetter en die batterye,” sê De Wet, en daarom verwag hy nie dat dit ’n groot verskil gaan maak aan individue wat hul eie sonkrag gaan wil opwek nie.

BTW op hoendervleis

Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, het in sy begrotingstoespraak geen melding gemaak van BTW nie. De Wet reken dit is belangrik dat die veldtog voortduur om hoendervleis, of sekere hoendersnitte, kwyt te skeld van BTW, aangesien daar tans geen vleis in die mandjie van BTW-vrye voedsel is nie. “In ’n land soos Suid-Afrika maak dit nie sin dat hoendervleis nie deel van die mandjie is nie.”

De Wet het gesê tot dusver is so ’n kwytskelding verhinder deur probleme om die betrokke snitte wat veral deur lae-inkomstehuishouding gekoop word, duidelik te kan definieer.

Thindisa het gesê gesprekke om die mandjie van BTW-vrye produkte te vergroot, duur voort. “Ons meen daar behoort meer produkte daarin wees, as deel van die maatskaplike verligtingspakket.”

De Wet het gesê dit is in die algemeen en ook vir die landbou gunstig dat die brandstof- en padongelukkefondsheffings nie verhoog is nie. Net so is dit goeie nuus vir die suikerbedryf dat die gesondheidsbevorderingsheffing nie verhoog is nie.

Kalaba het gesê laasgenoemde was “die sinvolle opsie”.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.43
+0.5%
Rand - Pond
22.61
+0.2%
Rand - Euro
19.89
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
986.63
+1.5%
Palladium
1,404.92
-0.1%
Goud
1,938.59
-0.1%
Silwer
22.30
-0.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,532
+1.1%
Alle aandele
75,010
+1.0%
Hulpbronne 10
65,189
-0.7%
Industriële 25
101,357
+1.5%
Finansiële 15
15,369
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hoop om die regte een te vind
Ek is n middeljarige man wat nog graag die meeste wil maak van die jare wat ek oor het. Ek het vele belangstellings en beskou die lewe as n avontuur. Ek is opsoek na iemand wat...
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot