AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9010
60,00
CORN
07 Okt
-
4816
-2,00
SOYA
07 Okt
-
8800
40,00
SUNS
07 Okt
-
10403
156,00
WEAT
07 Okt
-
7205
-5,00
WMAZ
07 Okt
-
5078
18,00
YMAZ
07 Okt
-
4645
-15,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Begroting vir landbou versaak Vrystaatse boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die begroting van die Vrystaatse LUR vir landbou is ’n ‘klaaglike mislukking’ om boere ten opsigte van die bekamping van misdaad en biosekerheid by te staan, meen Vrystaat Landbou.

Slegs R4,5 miljoen uit die Vrystaatse departement van landbou se totale begroting van R830,7 miljoen is toegewys aan die bekamping van veediefstal met hommeltuie, opsporingstoestelle en uitgebreide tegnologiese hulpmiddels. Dit skiet hopeloos tekort om ’n impak te maak op die 88 Vrystaatse dorpe met noemenswaardige kommunale grond waarop opkomende boere boer, sê Vrystaat Landbou luidens ’n verklaring wat uitgereik is in reaksie op die Vrystaatse LUR van landbou se begrotingsrede wat op Vrydag 25 Maart gelewer is.

“Die begroting is ’n klaaglike mislukking om boere ten opsigte van misdaadbekamping en biosekerheidsmaatreëls doeltreffend by te staan,” lui die verklaring. “Boere is uitgelewer nie net aan misdadigers nie, maar ook aan die moontlikheid van die uitbreking van dieresiektes in hul kuddes.”

Die organisasie meen die jongste geval van bek-en-klouseer wat by Potchefstroom geïdentifiseer is, plaas hierdie uiters kommerwekkende situasie weer op die voorgrond. Luidens die verklaring het Vrystaat Landbou al in 2019 saam met die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) ’n beroep op die regering gedoen vir die instel van kompartemente en kontrolepunte om die uitbreking van dieresiektes in die Vrystaat te voorkom.

“Ten spyte van hierdie versoek bestaan daar steeds wesenlike gevare dat besmette diere vanuit geaffekteerde areas vervoer word. Dit skep ’n risiko vir gebiede wat probeer om hul gesondheidstatus te handhaaf.”

Die organisasie sê die toekenning van R9 miljoen vir veeartse vir die opknapping van die veeartsenykundige laboratorium op Kroonstad is bemoedigend, maar daar word nie gemeld hoe veeartse en dieregesondheidtegnici opkomende boere op kommunale grond kan bystaan met die inenting van hul vee nie.

Daar is ook geen melding gemaak van programme om opkomende boere te help om te verseker dat hulle oor identifikasiekaarte vir hul diere beskik of hul vee te brandmerk om eienaarskap te bewys en veediefstal te voorkom nie.

Die begroting maak ook geen melding van maatreëls om die diefstal van veral mielies te bekamp nie of die oprigting van kwarantynskutte langs die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho nie. “Die gevare van die verspreiding van dieresiektes vereis daadwerklike optrede – iets wat die onderskeie organisasies in die landbouwaardeketting al geruime tyd bepleit.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,711.80
-0.1%
Silwer
20.75
+0.4%
Palladium
2,255.50
-0.3%
Platinum
932.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,198
-0.4%
Alle aandele
65,573
-0.4%
Hulpbronne 10
63,523
+0.4%
Industriële 25
79,396
-0.8%
Finansiële 15
13,959
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot