AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Begrotingsrede: Geen verhogings in heffings, aksyns versoek

akkreditasie
Die stand van die gewasse. Foto: Alani Janeke
Die stand van die gewasse. Foto: Alani Janeke
Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, lewer volgende week sy eerste begrotingsrede.

Op die vooraand van die begrotingsrede het die Automobiel-assosiasie (AA) en die wynbedryf versoeke aan die regering gerig om onderskeidelik heffings en aksynsbelasting só te benader dat dit nie verdere skade aan die ekonomie aanrig nie.

Luidens ’n verklaring op sy webwerf sê die AA dat die regering maniere moet vind om stygende brandstofpryse, wat ’n nadelige impak op alle verbruikers het, te versag deur onder meer die huidige prysmodel te hersien.

Die AA sê daar is ’n noue verband tussen die ekonomie en brandstofpryse.

“Dit is ’n groot insetkoste in die vervaardigings-, kleinhandel- en landbousektor. Ons het reeds voorheen genoem dat ’n hersiening van die huidige prysmodel vir brandstofpryse, asook ’n oudit van al die elemente waaruit brandstofpryse bestaan, so vinnig as moontlik gedoen moet word. Ons versoek die minister van finansies om dit op 23 Februarie in sy begrotingsrede van stapel te stuur.”

Die AA versoek ook dat die huidige brandstofheffing nie verder verhoog moet word nie. “Ons weet almal al te goed watter ekonomiese probleme Suid-Afrika in die gesig staar en hoe belangrik die winste is wat deur heffings ingewin word. Ons is egter ook daarvan bewus dat dit in die huidige ekonomiese klimaat moeilik is om ’n begroting op te stel en dat daar groot druk is om die staat se finansiële las te verlig. Om die algemene brandstof- en padongelukfondsheffing te verhoog, sal egter teenproduktief wees, aangesien dit ’n impak op die armstes van die armes sal hê.”

Die algemene brandstofheffing beloop tans R3,93/liter (vergeleke met R3,77/liter in 2021) terwyl die heffing vir die padongelukfonds R2,18/liter (R2,07/liter in 2021) is. Saam voeg dit R6,11 by tot elke liter petrol of diesel wat in die land verkoop word. Enige aanpassings wat in die begrotingsrede aangekondig word, sal in April in werking tree.

Verlede jaar het brandstofpryse rekordvlakke bereik en neiging is weer in daardie rigting, ten spyte van ’n verlaging in brandstofpryse in Januarie vanjaar. Die AA sê enige veranderinge in die heffings sal ernstige gevolge vir verbruikers inhou.

“Suid-Afrika word deur groot en ingewikkelde probleme in die gesig gestaar. Hoë brandstofpryse vererger net die probleme. Pleks daarvan om die huidige prysmodel te aanvaar, moet ons oplossings soek wat verbruikers eerder baat as om hulle onder verdere druk te plaas. Een onmiddelikke oplossing is, byvoorbeeld, om die finansiering van die swak bestuurde padongelukfonds te heroorweeg. Ons maak op dié fonds staat as gevolg van Suid-Afrika se swak padveiligheid. Daar moet eerder daaraan aandag gegee word.”

Die AA se petisie waarin die minister versoek word om die brandstofheffing te hersien, kan by https://aa.co.za/review-the-fuel/ onderteken word.

AKSYNS

Mnr. Rico Basson, bestuurshoof van Vinpro, sê die wynbedryf, wat jaarliks R55 miljard tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk bydrae en 265 000 werkgeleenthede verskaf, doen ’n beroep op die regering om gesonde oordeel in te span wanneer aksyns in die begrotingsrede aangekondig word.

“Ons meen ’n spesiale toegewing vir die wynsektor is geregverdig omdat ons bedryf buitensporig deur die covid-19-inperkings geraak is. In die lig hiervan en omdat die wynbedryf reeds aan die aksynsteikenkoers voldoen, het ons in ’n formele voorlegging die dringende behoefte aan ’n spesiale toegewing vir die wynsektor beklemtoon en dit versoek, of dat daar slegs ’n geringe aanpassing in aksyns moet wees.”

Volgens hom het die staat in 2020 altesaam R6,1 miljard uit aksyns en BTW verdien, vergeleke met produsente se bruto inkomste van R5,8 miljard.

Stygende insetkoste is ’n groot probleem vir die wynbedryf. Hy sê uitgawes op plaasvlak kan met gemiddeld tot 15% styg (vergeleke met die tienjaargemiddelde jaarlikse styging van 6,7%), met sekere insetkoste wat na verwagting sal verdubbel.

Terwyl daar groot verskille tussen die verskillende sakemodelle is en elke plaas of kelder sy eie stel probleme het, bly dit ’n werklikheid dat die 2022-wyndruifoes gemiddeld baie duurder is om te produseer as vorige oeste. Wynkelders sal dalk ook ’n styging van byna 15% in glaspryse moet absorbeer, asook ’n dubbelsyferstyging in ander koste wat verband hou met verpakking, soos papier, karton, plastiek, etikette en proppe.

Daarteenoor sal wynpryse waarskynlik sywaarts beweeg of met minder as 5% styg terwyl die bedryf steeds daaraan werk om die wynoorskot te verminder.

Basson sê Vinpro en sy bedryfsvennote is in noue samewerking met verskeie staatsdepartemente en ander belangegroepe om onder meer probleme by Kaapstadhawe, die tekort aan glas, onwettige handel en die voorgestelde verhoging in die minimum loon en kragpryse aan te pak.

“Terwyl ons die regering se hand neem om groot struikelblokke vir produksie, verwerking en handel gesamentlik te oorkom, doen ons ’n beroep op die regering om óns s’n te neem deur nie verdere kosteverhogings op te lê wat ’n nadelige uitwerking op ons bedryf sal hê nie.

“Die sleutel vir Suid-Afrika – én die wynbedryf – om uit hierdie benarde posisie waarin ons is, te kom, lê in herinvestering en volhoubare groei. Dit is nóú die tyd vir bevorderlike beleidsbesluite wat ’n gunstige omgewing sal skep om hierdie groei te bewerkstellig.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
19.98
+0.7%
Rand - Euro
17.57
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,711.74
-0.3%
Silwer
20.55
-0.5%
Palladium
2,282.50
+1.1%
Platinum
924.50
+0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot