AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Begrotingsrede: Waar is boere se hulp?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Jean-Marie de Waal
Foto: Jean-Marie de Waal
Hoewel mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsrede het ’n paar goeie punte gehad, is dit teleurstellend dat boere nie broodnodige steun ontvang nie, sê mnr. Kulani Siweya, hoofekonoom van Agri SA.

Hy sê Agri SA verwelkom Godongwana se verbintenis tot meer besteding op infrastruktuur en hoop dat dit verskeie gunstige nadraaie sal hê wat uiteindelik ekonomiese groei sal bevorder. Die organisasie is volgens hom ook “versigtig optimisties” oor die beoogde besteding op staatsinstellings.

“Tot dusver het besteding op dié entiteite nog nie goeie uitkomste gelewer nie en die risiko bestaan dat verdere wanadministrasie aangehits kan word deur ’n gedeelte van Eskom se skuld oor te neem. Nietemin, gegewe die omvang van die huidige kragkrisis, hoop Agri SA dat Eskom hierdie geleentheid sal benut om sy probleme uit die weg te ruim en Suid-Afrika se kragvoorsiening te herstel.”

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die organisasie is optimisties oor Godongwana se aankondiging dat die regering Eskom se skuldlas van R400 miljard sal help verlig. “Hoewel die totale bedrag wat op staatsboeke gaan lê eers later bekend gemaak sal word, is die hoop dat ’n laer skuldlas Eskom in staat gaan stel om aandag aan instandhouding en investering in noodsaaklike transmissieinfrastruktuur te kan gee. ’n Laer skuldlas kan die ontbondelingsproses ook versnel.

“Agri Wes-Kaap verwelkom die minister se standpunt dat Eskom die grootste risiko vir die ekonomie inhou, maar weet ook dat toepassing deurslaggewend gaan wees.”

Hy sê Agri Wes-Kaap verwelkom die aankondiging dat R5,8 miljard aan Transnet toegeken is om infrastruktuur te herstel wat deur die onlangse vloede beskadig is en om vragspoorlokomotiewe te herstel en in stand te hou.

“Oplossings vir Transnet se probleme gaan egter veel meer as dié reddingsboei verg, en daarom is dit verblydend om te verneem van die stappe wat Godongwana ter tafel gelê het. Die korporatisering van die Transnet-hawe-owerheid, wat as ’n belangrike eerste stap in die verhoging van die mededingendheid van Suid-Afrika se hawens beskou word, sowel as die nastrewing van derdepartytoegang tot die vragspoornetwerk, word verwelkom.

“Agri Wes-Kaap doen egter ’n beroep op die regering om die toepassing van ingrepe by Transnet as ’n kernprioriteit te beskou aangesien die dienste wat Transnet lewer, van groot belang vir die landbousektor is.”

Hulp vir boere ontbreek

Siweya sê dit is kommerwekkend dat daar geen aankondigings oor verligting vir die landbousektor gemaak is nie.

“Die sektor, wat ’n belangriker bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie lewer en ons waarborger van voedselsekerheid is, is hard getref deur stygende insetkoste wat boere in droewige finansiële omstandighede plaas. Tog het Godongwana geen maatreëls aangekondig om die volhoubaarheid van die sektor te help verseker nie.

“Daar is geen belastingverligting vir bedrywe wat gebuk gaan onder buitensporige sondebelasting nie, daar was ook geen uitsprake oor belangrike beleidskwessies soos die hersiening van geassesseerde belastingverliese, voorgestelde veranderinge aan die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum (Fica) of die nuwe reëls rondom die dieselrabat nie.”

Rampverligting van R289,96 miljoen is wel vir die Wes-Kaap toegewys. Strydom sê die Wes-Kaap se landbousektor gaan steeds gebuk onder rampe en verligting vir veral die droogtegeteisterde gebiede word steeds dringend benodig. Volgens hom is dit nog nie duidelik of ’n gedeelte van dié bedrag na die landbousektor gekanaliseer sal word nie.

“Hoewel Agri Wes-Kaap die minister se begrotingsraamwerk vir die landbou verwelkom, is die deurvoer van besluite noodsaaklik. Die landsbousektor kan nie grootpraat bekostig nie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot