AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9817
43,00
CORN
30 Mrt
-
4512,2
-17,80
SOYA
30 Mrt
-
8195
-48,00
SUNS
30 Mrt
-
9027,2
-33,80
WEAT
30 Mrt
-
6681,4
2,40
WMAZ
30 Mrt
-
3848,8
-2,20
YMAZ
30 Mrt
-
4030
3,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Beheer, maar moenie eiendom besit – Roodt

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Dawie Roodt. Foto: LBW-argief
Mnr. Dawie Roodt. Foto: LBW-argief
Probeer om jou eiendom in ’n maatskappy te registreer en jou boerdery in ’n ander maatskappy wat dan net die grond huur om jou besigheid te bedryf, is die raad van mnr. Dawie Roodt, ekonoom van Efficient Wealth, aan boere om die gevaar van onteiening teen te werk.

Roodt, wat as gasspreker op TLU SA se kongres oor die impak van die regering se beleid op die ekonomie en die gevolge daarvan op boere gepraat het, het gesê só ’n struktuur maak dit moeiliker vir die staat om te doen wat hy wil. “Die kuns is om niks te besit nie, maar om alles te beheer.”

Hy het gesê dit is selfs ’n opsie om ’n buitelandse struktuur te skep wat ’n belang in die boerdery in Suid-Afrika het, sodat daar beskerming deur internasionale wetgewing is. Hy is nie ten gunste van ’n boerdery en bates in ’n trust nie. “Die belasting op trusts raak al hoe hoër en dit is maklik om te sien wie die begunstigdes is.

“Maatskappye is betrokke by baie korporatiewe aktiwiteite. Hulle word saamgevoeg, koop mekaar en hulle word selfs toegelaat om aandele in een maatskappy te ruil vir aandele in ’n ander maatskappy sonder dat daar kapitaalwinsbelasting ter sprake is.” Hy glo hierdie toegewings kan benut word om ’n struktuur te skep waar die boer niks besit nie, maar alles beheer.

Groot gevaar

“Ek glo die wetgewing gaan verander en ons sal onteiening sonder vergoeding sien, al is dit net vir die simboliese waarde wat die ANC daaruit gaan kry as op die voorblad van Beeld gewys kan word dat ’n boer se plaas afgeneem is. Dit is egter nie die groot gevaar nie. Die groot gevaar lê by hordes wat die plaas kan binneval en die polisie wat niks daaromtrent gaan doen nie.”

Hy het boere aangemoedig om hulself te organiseer om hierdie tipe gevare die hoof te bied, nie net deur sekuriteitsoptrede, maar ook deur die manier waarop hulle hul besighede struktureer.

Roodt het gesê daar is rede tot groot kommer oor die ekonomiese situasie in die land.

“Hier is meer as 60 miljoen mense, waarvan 20 miljoen toelaes ontvang, ’n verdere 10 miljoen ontvang covid-19-toelaes en 2 miljoen is staatsamptenare. Daar is dus 32 miljoen wat elke maand ’n inkomste van die staat ontvang. Daarby staan werkloosheid op 44% en daar is kinders wat doodgaan van die honger, terwyl kospryse styg. Dit is ’n resep vir groot moeilikheid en een vonkie kan alles laat ontvlam.”

Misdaadsituasie

Die misdaadsituasie was ook telkens ter sprake by die kongres. Mnr. Henry Geldenhuys het in sy presidentsrede gesê daar was vanjaar al 106 plaasaanvalle en 28 moorde. Van 1990 af was daar 6 115 aanvalle en 2 198 moorde. “As na die algemene moordsyfer in die land gekyk word, is dit 72 moorde per dag of 3 moorde elke uur. Skrikwekkend!”

Oor veediefstal sê hy net 20% en 30% van die voorvalle word by die polisie aangemeld omdat daar geen vertroue in die polisie en die regstelsel is nie. “Daarom toon die polisie se statistieke ’n afname. Op grondvlak sien ons egter ’n reuse-toename en ons het ons eie veediefstalkomitee gestig om veediefstal te help bestry.”

Geldenhuys het gesê daar is ver gevorder met ’n versekeringsproduk om boere te help met regshulp as hulle vuurwapens teen misdadigers gebruik het. Daar is ook ’n pakket vir regshulp as hulle van enige ander misdaad beskuldig word.

Hy het lede gevra om lyfkameras aan te skaf sodat die bewyslas verbeter kan word in die geval van gefabriseerde beskuldigings.

“Ons kry gereeld gevalle waar ’n boer byvoorbeeld ’n verdagte voertuig voorkeer, dan word daar klagte van die rig van ’n vuurwapen of die gebruik van die ‘k’-woord teen hom gelê. Dit gebeur ook waar met honde gejag word. As die boer teen ’n onwettige betreder optree, bevind hy hom maklik in die beskuldigdebank weens vals klagtes.”

TLU SA het onder meer hande gevat met Firearm Guardian oor versekering vir regsbystand en daar is twee pakkette vir R100 000 en R300 000 wat uitgeneem kan word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
+0.2%
Rand - Pond
22.31
-0.0%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.14
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
968.59
+0.9%
Palladium
1,438.35
-0.7%
Goud
1,966.84
+0.1%
Silwer
23.60
+1.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,437
+0.8%
Alle aandele
77,060
+0.8%
Hulpbronne 10
67,747
+1.6%
Industriële 25
103,782
+0.5%
Finansiële 15
15,709
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot