
Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê mnr. Frans Cilliers en sy seun, Francois (57), is Sondag omstreeks 03:00 op hul plaas Sukses langs die Geysdorp-pad deur vyf gewapende mans aangeval. Die verdagtes se gesigte was bedek.
Hy sê die verdagtes het die pa en seun oorweldig, vasgebind en aangerand. Die verdagtes het toe die huis geplunder en van die toneel gevlug met die slagoffers se selfone, ’n .38-rewolwer en ammunisie, klere, ’n televisiestel, mikrogolfoond en wit Isuzu-afleweringsvoertuig.
Francois het ná die aanval by sy bure op ’n nabye plaas vir hulp gaan aanklop. Tselanyane het bevestig dat pa en seun albei beserings opgedoen het en dat Frans oorlede is. Volgens hom moet die oorsaak van Frans se dood nog bepaal word. Volgens voorlopige inligting wat aan Landbou.com verskaf is, het die aanval veroorsaak dat Frans ’n angsaanval en later ’n hartaanval kry.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.