AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bejaarde boer sterf weke ná aanval

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wyle mnr. Gawie Verreynne. Foto: Facebook
Wyle mnr. Gawie Verreynne. Foto: Facebook
Familielede van mnr. Gawie Verreynne (93) wat op 14 September oorlede is nadat hy meer as ’n maand tevore voor ’n supermark in Kuruman deur meer as vyf booswigte aangeval is, het ’n koelteboom ter nagedagtenis by sy plaashuis geplant.

Verreynne se wangbeen is in die aanval gebreek waarin die diewe selfone en beursies wou steel. Hy is na Kimberley gehaas is vir ’n noodoperasie.

Volgens sy seun, dr. Erik Verreynne, ’n veearts in bewaringskringe wat in Gaborone woon, is hy oorlede weens komplikasies van sy beserings. “Hy het baie goed herstel ná die operasie om sy wangbeen te heg en is later na die algemene saal oorgeplaas. Ons en sy vriende kon daar met hom gesels, hoewel hy moeilik gepraat het. Hy het egter dubbele longontsteking opgedoen en is teruggeplaas na die waakeenheid waar hy oorlede is.”

Sy pa het ekstensief met Simmentalers op ’n plaas 20 km buite Kuruman geboer.

Verreynne sê die oorsaak van sy pa se dood word as “onnatuurlike oorsake” op sy doodsertifikaat aangedui. “Die dossier is dus gesluit. Hy het ’n misdaadstatistiek geword, maar ek is nie bitter nie.”

Die troosdiens op 24 September is deur familielede, vriende en gemeenskapslede oor die kleurgrens bygewoon. “Sy dood het ’n reënbooggemeenskap verenig. Die diens was in die NG kerk Die Oog, waarna ons na sy plaas Crofton is. Hy het soveel vrugtebome in die tuin gehad dat ons besluit het om ’n olienhoutboom te plant. Ons het sy as om die wortels gestrooi om weer deel van die lewe te wees. Ons laat sy gees gaan om vry te wees op ’n plek waarvoor hy lief was. Eendag sal ons kinders en kleinkinders in die boom se skadu sit en sy nalatenskap onthou. Hy sal vir ewig in ons en by ons wees.”

Hy sê hulle is dankbaar dat hulle in sy kort tydperk van herstel ná die operasie met hom kon gesels. “Sy sterk wil het hom verander van ’n gekneusde, geswelde, komatose liggaam na die man wat ons geken en liefgehad het, die man wat altyd vrae gestel het, en ’n humorsin behou het. Ons het tyd gehad om voor te berei, totsiens te sê.”

In ’n huldeblyk op sosiale media skryf hy sy pa was pragmaties en filosofies oor die lewe.

“My pa was ’n man, groter as die lewe en wat ons as ’n groot familie bymekaar gehou het. Hy was gerespekteerd, iemand wat vir sy werkers omgegee en hulle gementor het. Hy het nog baie gehad om te bied, miskien vir nog ’n paar jaar, miskien net vir nog ’n paar dae, niemand weet nie. Dit maak nie regtig saak nie, want hy het geleef asof elke dag sy laaste is.”

Verreynne is nie bitter nie. “Ek gaan myself nie aftrek in die put van giftige selfbejammering en wraak nie. Hy sou dit nie wou gehad het nie. Ek verkies om hom in my en my kinders te laat voortleef, om die waardes en respek wat hy by ons ingeskerp het, voort te sit. Ek is dankbaar vir sy lang lewe, die tyd wat ons hom saam het hom gehad het, dat ons op sy wysheid kon staatmaak en steun.”

Benewens Erik word Verreynne oorleef deur sy vrou, Marie, en dogters, Magda le Roux en Helena Gregory, elf kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot