AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bejaarde boer wreed op Delmas-plaas vermoor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf deur SAPD
Foto: Verskaf deur SAPD
Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die wrede moord van mnr. Hennie van der Walt (80) op die plaas Dwarsfontein in Delmas.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê besonderhede rondom die voorval is nog onduidelik en die polisie probeer tans om vas te stel of die moord gedurende die nag of die vroeë oggendure van 16 November plaasgevind het. Sake van moord en huisroof word ondersoek.

Toe werknemers nie daarin kon slaag om toegang tot die plaashuis te kry nie, het hulle volgens Mohlala die boer se dogter gekontak wat dadelik die polisie gekontak het.

Die huis se deur is oopgedwing en Van der Walt se lewensmaat, me. Hester Smal (79), is erg geskok, maar ongedeerd in die huis aangetref. Van der Walt se lyk is ná ’n soektog opgespoor met ’n skietwond en verskeie steekwonde. Die motief vir die moord is onbekend.

Volgens Mohlala is die huis geplunder en veiligheidskameratoerusting beskadig. Die polisie het leë patroondoppies en lewendige ammunisie in die huis en die groentetuin gekry.

plaasmoord,delmas
Foto: Verskaf deur SAPD
plaasmoord,delmas
Foto: Verskaf deur SAPD

Bebloede voetspore is op die toneel opgemerk. Die polisie het die huis se kluis, wat gesteel en oopgemaak is, in bosse ’n paar meter van die huis af gevind. Volgens Mohlala is dit moontlik dat vuurwapens tydens die voorval gesteel is.

Enigiemand met nuttige inligting word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

Mnr. Werner Weber, VF Plus-LPW en provinsiale leier in Mpumalanga, sê Van der Walt se moord was die vierde plaasmoord in ’n baie kort tydsbestek in dié provinsie. “Mpumalanga beleef die afgelope maande ’n ernstige toename in plaasaanvalle, met slagoffers wat hul lewe meestal op ’n wrede wyse verloor het. Die wyse waarop boere, plaaswerkers en hul families blootgestel word aan die ergste vorm van marteling, is onmenslik en mag nooit die norm word nie.”

Weber meen sodra die politieke wil ontstaan om landelike gebiede te beveilig en behoorlike strafmaatreëls in plek te stel, sal daar ’n drastiese afname in plaasaanvalle en -moorde wees. “Die provinsiale premier, me. Refilwe Mtsweni-Tsipane, se stilswye oor plaasmoorde stuur ’n duidelike boodskap aan die landbougemeenskap dat hulle geminag word.

“Die VF Plus het reeds ’n dringende vergadering met haar belê om landelike beveiliging te bespreek.”

Hy sê die VF Plus doen opnuut ’n ernstige beroep op hierdie gemeenskappe om hulself te organiseer en weerbaar te maak. “Elke boer moet betrokke raak by sy gemeenskap se veiligheidsplanne. Baie lewens is al gered deur bestaande veiligheidstelsels en -opleiding.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot