’n Bejaarde vrou van Lephalale (Ellisras) in Limpopo en 'n plaaswerker is gister (Woensdag) op 'n plaas in die gebied vermoor. Volgens Beeld is mev. Johanna Parken (73) glo verwurg en met 'n mes gesteek.
Die plaaswerker, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is glo tussen riete naby die Mogolrivier gekry.
Spoorsnyers en die polisie soek na die moordenaars.
Hou landbou.com dop vir meer besonderhede later.
5 Mei 2011