AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Bek-en-klouseer: 56 bevestigde gevalle, 1 arrestasie, sê Didiza

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Altesaam 56 gevalle van bek-en-klouseer kom voor onder kommunale boere in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo, die Noordwes en Gauteng.

Die feit dat die Vrystaat sy bek-en-klouseervrye status kwyt is, sal enorme ekonomiese gevolge hê. Só sê mnr. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, nadat mnr. Thembeni Nxangisa, Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, verlede week ’n geval van bek-en-klouseer in die provinsie bevestig het.

Wilken sê die uitbreking van die siekte in die provinsie sal ’n massiewe negatiewe ekonomiese impak hê aangesien dit beperkings op die vervoer van diere, asook ’n internasionale handelsverbod van vee- en veeprodukte het. Daarom meen Vrystaat Landbou dat diegene wat tot die verspreiding van die siekte bygedra het, vervolg moet word.

“Omdat alle uitbrekings van bek-en-klouseer in Limpopo en KwaZulu-Natal ontstaan, moes daar strenger maatreëls gewees het om die verspreiding van die virus buite die beheerde, endemiese gebied te voorkom. As gevolg van gebrekkige wetstoepassing, word die Wet op Dieregesondheid (Wet 35 van 1984) geïgnoreer. Dit laat ruimte vir die vervoer en handel van besmette diere vanuit die besmette gebiede.”

Hy sê Vrystaat Landbou verwelkom die inentingsveldtog in KwaZulu-Natal en hoop dat alle geaffekteerde sones ook die roete sal volg.

“Vrystaat Landbou doen ’n ernstige beroep op alle veeboere om nie onnodig vee te skuif of ongesertifiseerde vee aan te koop nie en 100% binne die wet te bly met alle permitte ten opsigte van vervoer, veilings en verkope.

“Vrystaat Landbou doen ’n verdere beroep op boere in die Noord-Vrystaat, in die omgewing van Viljoenskroon en Frankfort, om hul volle samewerking aan die veeartse te gee en waaksaam te wees vir enige simptome. Indien simptome voorkom, moet dit so vinnig moontlik by plaaslike veeartse aangemeld word.”

Vrystaat Landbou versoek ook dat streng biosekerheidsmaatreëls, soos die beperking op beweging en die ontsmetting van kleredrag, op alle werkers toegepas moet word. Die staat en provinsiale regering word verder versoek om alle hulpbronne tot hul beskikking te ontplooi, insluitend die verkeersdepartement, om die kwarantynbeperkings streng toe te pas om die verdere verspreiding van die virus in die Vrystaat te voorkom.

“Vrystaat Landbou het op 8 April by ’n ministeriële oorsigbesoek van me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, ook verneem van ’n verslag oor biosekerheid en die beheer van dieresiektes wat vir die ministerie geskryf is. Vrystaat Landbou sien uit na die uitreiking van die verslag en die toepassing van die aanbevelings.”

Wes-Kaap waarsku boere

Die Wes-Kaapse departement van landbou het boere in dié provinsie gewaarsku teen die aankoop van vee met ’n onbekende oorsprong. Dr. Vivien Malan, staatsveearts, sê boere moet ook bewus wees dat diere die siekte kan versprei sonder om simptome te toon.

Malan moedig boere aan om biosekerheidsmaatreëls toe te pas ten einde hul vee te beskerm. Boere word aangeraai om onder meer bedag te wees op diere se oorsprong, nuwe diere af te sonder en te monitor, hul diere van ander boere se diere weg te hou, nie onnodige besoekers op hul plase toe te laat nie, hul hande te ontsmet en enige tekens van siekte dadelik by hul naaste staats- of private veearts aan te meld. Siek diere moet ook nie geskuif of verkoop word nie.

Besoek bit.ly/3Joc4F7 vir die kontakbesonderhede van staatsveeartse in die Wes-Kaap.

56 gevalle landwyd

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het vandag luidens ’n verklaring gesê dat 56 gevalle van bek-en-klouseer landwyd voorkom onder kommunale boere in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo, die Noordwes en Gauteng.

Volgens haar werk die regering hard om die uitbrekings te bekamp. “Dit is belangrik dat almal hulself tot die beheermaatreëls verbind en gesamentlik ’n volhoubare oplossing vind.”

Sy sê die uitbrekings is ontketen deur die onwettige beweging van diere uit beheergebiede in Limpopo. Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika sy bek-en-klouseervrye status in 2019 verloor het, het permanente beperkings op beweging in beheergebiede in Limpopo en Mpumalanga van krag gebly. Dit is onwettig om diere met gesplete hoewe en hul produkte sonder die staatsveerats se toestemming uit die beheergebied te skuif.

“Ek doen ’n beroep op alle burgers van Suid-Afrika om die onwettige beweging van diere uit beheergebiede stop te sit. Die skade wat die voortgesette uitbrekings veroorsaak, het ’n baie nadelige impak op die ekonomie en individuele vee-eienaars.”

Sy sê sy is bly dat ’n 49-jarige man by Masisi in die Vhembe-distrik van Limpopo vir die onwettige skuif van bokke uit die beheergebiede in hegtenis geneem is. Nog ’n geval, waar diere onwettig van ’n beheergebied na veilings in twee provinsies geneem is, word ondersoek. “Ons waarsku oortreders wat hul diere onwettig skuif, dat hulle weens die oortreding van die Wet op Dieregesondheid vervolg sal word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.68
-0.3%
Rand - Pond
20.24
-0.0%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,718.41
-0.5%
Silwer
20.79
-1.3%
Palladium
2,303.50
-0.8%
Platinum
924.00
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot