Mnr. Gerhard Schutte, voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum, sê dit gaan dalk ’n heeltemal ander benadering verg om die siekte vorentoe te bestry.
“As ’n mens na ’n land soos Brasilië kyk, is dit ’n uitvoerland met inenting. Ons sal waarskynlik ook in daardie rigting moet begin beweeg. “Dit is ’n baie ernstige probleem en ons moet aanvaar dat die siekte nou baie wyd versprei is.
Daar word met die taakspan vir biosekerheid gesprek gevoer. Hoewel ons nog nie die span se aanbevelings ontvang het nie, sal daar nou na ’n nóg dringender plan gekyk moet word. Toetsing bly ’n probleem, want dit duur te lank.”