Die jongste uitbreking van bek-en-klouseer tussen Potchefstroom en Ventersdorp kon voorkom word as die owerhede daadwerklik opgetree het om die vervoer van beeste uit die gevaargebiede in Limpopo na die voerkraal waar die siekte nou voorkom, stop te sit.
Dit blyk uit ’n verslag van die bek-en-klouseerforum wat die ronde doen dat daar verlede jaar reeds ’n waarskuwing was oor die lukrake wyse waarop beeste uit Limpopo na die betrokke voerkraal gebring is.
Die identiteit van die twee plase waar die siekte voorkom, is aan Landbouweekblad bekend, maar mag ingevolge dieregesondheidswetgewing nie bekend gemaak word nie.