AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Bek-en-klouseer in KZN is ernstig

Die beweerde uitbreking van bek-en-klouseer in KZN blyk ernstig te wees, en die RPO steun die opskorting van uitvoer.

Die beweerde uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal blyk ernstig te wees en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) steun tans die Regering se stappe om die uitvoer van alle diere met gesplete hoewe voorlopig op te skort.

Me. Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het Maandag (28 Februarie), in die Parlement aangekondig dat verdagte, positiewe serologiese toetse in die buffersone van die provinsie opgemerk is. Sowat 600 diere is getoets, en 50% het positief getoets.

Ernstig

Mnr. Gerhard Schutte, die uitvoerende hoof van die RPO, sê die situasie blyk ernstig te wees, derhalwe steun die RPO die staat se stappe om uitvoer voorlopig op te skort. Die beweerde uitbreking is glo in die buffersone tussen die provinsie en Mosambiek.

Die departement het gesê daar is geen rede vir paniek onder boere nie, aangesien hul diere nie in onmiddellike gevaar verkeer nie. Schutte sê terugvoer van die departement oor die situasie word binne die volgende week verwag. Die geraakte gebiede moet onmiddellik afgesluit word.

Hy sê geen gevaar bestaan tans vir die verspreiding van die siekte na ander dele van die land nie.

Uitvoer

Volgens Schutte is die land ’n netto invoerder van rooivleisprodukte, maar hy sê dié tydelike opskorting van uitvoer kan ’n ernstige uitwerking op die bedryf hê. “Dit kan veral die bedryf in die binneland beïnvloed, asook op ander bedrywe wat met diere met gesplete hoewe werk.’’

Sodra die RPO verdere inligting van die departement ontvang het, sal hy die totale uitwerking van die situasie op die bedryf beter kan bereken.

28 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
-0.3%
Rand - Pond
21.00
-0.5%
Rand - Euro
18.73
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.54
-0.5%
Palladium
1,670.94
+0.1%
Goud
1,909.90
-0.1%
Silwer
23.44
-0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,737
+0.2%
Alle aandele
79,910
+0.1%
Hulpbronne 10
74,755
+0.1%
Industriële 25
102,895
+0.3%
Finansiële 15
16,556
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot