Mnr. Wilhelm Rochér, boer van Swartruggens en lid van die forum se dagbestuur, sê hulle wil sorg vir daadwerklike optrede teen die siekte en “nie net kennis neem” van die probleem nie.
Volgens Rochér, wat ook die beskermheer van ’n ander bek-en-klouseerforum is wat al in 2019 gestig is, gaan hulle binnekort vergader om te besluit oor ’n voorsitter en ander posisies binne die dagbestuur.
Die dagbestuurslede is hyself en mnre. Evert du Preez, Hennie Enslin, Theunis Kruger, Gabriël Tiro en Steinman Coetzee. Rochér sê hulle beoog regs- optrede oor die dilemma.