AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

BEK: ‘Staat sit op sy hande’

Dit lyk asof die staat tans op sy hande sit rakende die uitbreking van bek-en-klouseer en die land se status, aldus KwaNalu.

Dit lyk asof die staat tans op sy hande sit rakende die uitbreking van bek-en-klouseer en die land se status, aldus KwaNalu. Mnr. Robin Barnsley, voorsitter van die organisasie, sê hy is baie kwaad en ontevrede oor hoe die situasie gehanteer word en oor wat tans plaasvind.


“Die departement het nie sy werk behoorlik gedoen nie. Wie se verantwoordelikheid was dit om so ’n uitbreking te voorkom, en wie gaan aanspreeklik gehou word, want die ekonomiese impak op die gemeenskappe is baie groot,” sê Barnsley.


Hy meen ’n voorbeeld van die staat wat nie sy werk doen nie, is die padblokkades wat in KwaZulu-Natal gehou word. “Ek het pas verby ’n blokkade op die N2 gery, en die beamptes het net in hul voertuie gesit en geëet en gedrink. Nie een voertuig of vragmotor is afgetrek en geïnspekteer nie. Hoe keer ’n mens so dat ’n virus versprei?”


Die oorsprong


Volgens Barnsley het hulle kennis geneem van die jongste verklaring oor die uitbreking en die feit dat die virus verwant is aan ’n virus wat reeds vroeër in die Krugerwildtuin geïsoleer is. Lees meer oor dié verklaring hier.


“Alles dui op swak beheer oor ’n tydperk van jare en dit is duidelik die tyd en geld vir die beheer van die siekte, wat jare gelede uitgebreek het en die monitering van die buffersone, is nie reg aangewend nie,” sê Barnsley.


KwaNalu het vroeër bekend gemaak dat boere se verlies aan inkomste op tussen R30 miljoen en R50 miljoen geskat word. Dié bedrag het egter intussen gestyg.


Wildboere


Barnsley sê hy het Donderdagoggend (12 Mei 2011) wildboere in die noorde van KwaZulu-Natal besoek, en hy sê hoewel hierdie boere geduldig wag, soos die staat van hulle gevra het, lyk dit asof die staat hulle gaan faal.


“Ons het nog niks weer oor die bestryding van die siekte, die buffersones, die vervoer van diere of die land se bek-en-klouseervrye status gehoor nie. Dit lyk asof die staat net sy hande van die saak gewas het,” sê hy.


Volgens Barnsley het van die wildboere by hom aangedui dat hulle besig is om onder te gaan en dat hul personeel hul werk gaan verloor. “Een boer sê hy kan nou nie sy diere uitskiet of verkoop nie, dus is hy genoodsaak om roofdiere op sy grond toe te laat sodat hulle van die wild kan vang.”


KwaNalu sê hy weet nie of die situasie weens onkundigheid, wanadministrasie of eenvoudig luiheid verkeerd gehanteer is nie, maar hy eis antwoorde van die departement.


12 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot