AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Bekende teler van boerboele en melkbokke oorlede

akkreditasie
Mnr. Kenny van der Merwe. Foto: Verskaf
Mnr. Kenny van der Merwe. Foto: Verskaf
Mnr. Kenny van der Merwe (57), wat in die Klein-Karoo met Boerboele, melkbokke en voorheen ook Jerseys en SA Boerperde geteel het, is aan Covid-19 oorlede.

Mnr. Adré Steenkamp, plaasbestuurder van Van der Merwe se plaas Hazenjacht buite Oudtshoorn, sê hy is op 6 September in die MediClinic George oorlede.

Van der Merwe het 32 dae lank in die hospitaal teen Covid-19 gestry, waarvan hy 28 dae aan ’n ventilator gekoppel en onder verdowing was.

In dié tyd is sy ma, me. Evelyn Hesqua, aan natuurlike oorsake oorlede, maar omdat dit so sleg gegaan het met Van der Merwe, kon die nuus nie aan hom oorgedra word nie.

Teler van formaat

Van der Merwe was met sy dood die president van die Suid-Afrikaanse Melkboktelersgenootskap en tesourier van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap.

Steenkamp sê Van der Merwe was ’n groot diereliefhebber. “Hy het vir die plaaslewe gelewe.”

Die afgelope paar jaar het die teel van Boerboele die meeste van sy tyd in beslag geneem. Hy het baie na die buiteland hiervoor gereis, onder meer na Australië, Amerika en Europa.

“Kenny was ’n uitmuntende Boerboelteler wat oor die jare verskeie prestasies met sy honde behaal het. Groenberg Rambo was in 2015 die hond van die jaar en in 2018 was Elevation Kim die internasionale grootkampioenteef.”

Van der Merwe was ook op nasionale en internasionale vlak ’n keurder en beoordelaar vir die Boerboel- en melkbokgenootskappe.

Vroeër jare het Van der Merwe se kudde Elevation Jerseys verskeie kampioene opgelewer. James Paterson skryf onder meer in sy boek A History of the Jersey Breed in South Africa dat die Elevation-kudde in 2014 die boonste plek op die SAINET-ranglys in Suid-Afrika beklee het en ses van die koeie in dié kudde onder die topvyftig koeie in die land was.

Van der Merwe was van 2012 tot 2015 tesourier van Jersey SA.

Syfers en kosmaak

Van der Merwe was as rekenmeester gekwalifiseer. Volgens mnr. Len Bornman, ’n jare lange vriend en vroeëre sakevennoot, het hy en Van der Merwe saam die eerste Pick n Pay-franchise op Oudtshoorn geopen en vir sewe jaar bedryf.

Steenkamp beskryf Van der Merwe as ’n liefdevolle, hulpvaardige en passievolle persoon. “Kenny het altyd tyd gemaak vir ’n grappie en om mense te help. Sy kombuistafel en kospotte was oop vir almal.”

Me. Rina Belcher, melkbokboer en kaasmaker van Belnori-boetiekkaasmakery, sê Van der Merwe was welbekend. “So baie mense het hom geken, hier in Suid-Afrika, in Afrika, en oral. Hy was ’n groot perderuiter, ’n teler van formaat, gevul met passie vir dit waarin hy belang gestel het, en eintlik hopeloos te goedhartig.”

Van der Merwe laat sy suster, me. Lynn Coetzee, agter.

Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie bekend nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.6%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,764.45
-0.2%
Silwer
23.20
-0.5%
Palladium
2,019.35
-2.9%
Platinum
1,038.50
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot