AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Bekendes belê R25 miljoen in olyfplaas

Die nuwe eienaars van Olyfberg wil ook konfyttamaties op 6 ha plant.

Van Loveren Family Vineyards en prof. Mohammad Karaan, landbou-akademikus en lid van die Nasionale Beplanningskommissie, het onlangs die bekende plaas Olyfberg (1 200 ha) vir R25 miljoen gekoop. Olyfberg is langs die Breërivier tussen Worcester en Robertson in die Wes-Kaap geleë.

Die prys het ook die olyfverwerkingsaanleg op die plaas en die klein premiehandelsmerk ingesluit. Olyfberg se olyfolie is al verskeie kere bekroon. Volgens mnr. Phillip Retief, besturende direkteur van Van Loveren, het Olyfberg, wat hulle by mnr. Frikkie Naudé en sy vrou, Danila, van Stellenbosch gekoop het, ook waterregte op 117 ha. Dit kom neer op 7 450 m³ water per jaar vir besproeiing. Al die gewasse is onder mikrobesproeiing.

Die plaas het olyfboorde op 70 ha, waarvan die eerste bome in 1995 geplant is, vier wyndruifkultivars op 25 ha wat aan die wynmaatskappy Rooiberg gelewer word, asook braak lande van 9 ha. Die nuwe eienaars wil konfyttamaties op 6 ha plant.

Volgens Retief en sy neef Hennie is die res van die plaas veld waarop toekomstige ontwikkelings gedoen kan word. Van Loveren se vier Retief-neefs is in 2012 gesamentlik as Landbouskrywers SA se nasionale Boer van die Jaar aangewys en is by verskeie swart ekonomiese bemagtigingsprojekte betrokke. Olyfberg se vorige eienaars het ook ’n mentorskapprogram op hul plaas ingestel.

Die Retiefs het ’n jaar gelede ook die koop van Olyfberg oorweeg, maar toe daarteen besluit. “In Suid-Afrika is olywe nie ’n surplusproduk nie en daar is geen tariefbeskerming teen goedkoop invoer waarmee ons moet meeding nie. Toe prof. Karaan ons egter genader het om Olyfberg saam met hom te koop, het ons die geleentheid aangegryp.

Hy wil hê ons moet ook die produksie van Olyfberg-heuning ondersoek.” Die plaasbestuurders, mnr. André Lourens, en sy vrou, Francis, is behou. Hulle sê Olyfberg se olyfoes het in onlangse tye van 700 ton tot 513 ton gedaal, maar dat planne reeds gemaak is om die eertydse produksie te herstel.

Die wyndruifoes is egter ver bo die gemiddelde van Robertson.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.10
-0.1%
Rand - Pond
20.89
+0.0%
Rand - Euro
18.63
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
1,027.94
+1.7%
Palladium
1,669.98
+0.0%
Goud
1,915.05
+0.1%
Silwer
23.49
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot