AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Bekendes staan saam teen plaasmoorde

’n Groep kunstenaars het ’n memorandum wat deel vorm van AfriForum se veldtog teen plaasmoorde, onderteken.

Een uit elke agt plaasaanvalle in Suid-Afrika loop op ’n moord uit. Dit is van die skokkende statistiek wat mnr. Johan Burger, verteenwoordiger vir die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), in ’n dokumentêre program oor dié misdaad bekend gemaak het. Die rolprent, War of the Flea, is Dinsdagaand (28 Augustus 2012) in Pretoria vertoon as deel van die bekendstelling van AfriForum se Stop die Moorde-veldtog.
 
Die rolprent is deur mnr. Rian van der Walt vervaardig en dit maak opslae vandat dit verlede jaar bekend gestel is.
 
Nóg inligting wat in die rolprent verskaf word, is dat plaasaanvalle in Suid-Afrika 700% erger is as plaasaanvalle elders in die wêreld. Dr. Gregory Stanton, hoof van Genocide Watch, meen plaasmoorde in die land neem volksmoordafmetings aan. Hy sê in die rolprent hy is bekommerd daaroor dat dit voorkom asof menseregtegroepe dit wat met boere in die land gebeur, ignoreer.
 
Veldtog
Verskeie kunstenaars het ook die bekendstelling en vertoning bygewoon om hul steun aan die veldtog toe te sê. Steve Hofmeyr, Adam Tas, Gerrie Pretorius, Chris Chameleon, Pieter Koen en Bobby en Karlien van Jaarsveld het ’n memorandum onderteken om hul steun vir die veldtog te wys.
 
Mnr. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die veldtog bestaan uit 12 stappe. Van die stappe sluit in om bewusmaking van die moorde en aanvalle te bevorder, terwyl ’n internasionale veldtog ook onderneem sal word om gemeenskappe wêreldwyd oor die probleem in te lig en hul steun te werf.
 
“Die belangrikste stap van die veldtog is seker om mense aan te moedig om by projekte vir gemeenskapsveiligheid betrokke te raak. Hoewel die moorde en aanvalle vir ons baie erg is, moet mense ook besef dat mense vir hul eie veiligheid verantwoordelikheid moet aanvaar,” aldus Roets.
 
Die organisasie beoog as deel van die veldtog ’n nasionale dag van protes. Hulle wil ook ’n handleiding opstel wat hulle kan verskaf aan gemeenskappe wat op hul eie betogings wil onderneem.
 
Besoek http://www.afriforum.co.za/stopdiemoorde/ vir meer inligting oor die veldtog.
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
19.98
+0.7%
Rand - Euro
17.57
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,711.74
-0.3%
Silwer
20.55
-0.5%
Palladium
2,282.50
+1.1%
Platinum
924.50
+0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot