
Dr. Kobus Hendriks (66) wat in 2001 die Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar was en in 2012 as die MPO se nasionale Meestersuiwelboer van die Jaar aangewys is, en sy vrou, Rika (67), is Sondagaand in hul huis in Heilbron oorval.
Hendriks, ’n afgetrede veearts, het ’n paar frakture aan sy kakebeen opgedoen, terwyl sy regterhand ook gebreek is. Sy vrou is ongedeerd.
Luidens ’n berig op Netwerk24 het die Hendriks-egpaar televisie gekyk toe drie mans met vuurwapens gewapen by hul huis ingebreek het.
Nadat hulle die egaar se horlosies en selfone afgeneem het, het hulle aan mev. Hendriks gesê om op die grond te lê. Die Hendrikse se hande is agter hul rûe vasgebind en dr. Hendriks is met ’n vuurwapen en stoel geslaan.
Die booswigte het met juwerliersware gevlug nadat 'n alarm afgegaan het.