AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Belasting op grond sal pryse opjaag

Grondbelasting sal uiteindelik nasionaal reflekteer in hoër pryse van landbouprodukte en die bevolking as verbruikers van landbouprodukte benadeel. Dit diskrimineer teen die eienaars van landbougrond. Daarom is die Noord-Kaaplandse Landbou-unie (NKLU) nie daarvoor te vinde nie.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter, het op die unie se kongres in Kimberley gesê die Suid-Afrikaanse landbou is op internasionale vlak swakker daaraan toe as sy mededingers. Daarom behoort die owerheid die instel van grondbelasting te heroorweeg.

Hy het gesê die Departement van Grondsake behoort die landbou volledig in te lig oor die hele proses van grondhervorming sodat boere daarvolgens kan beplan. "Stel u presiese doelwitte bekend, die tydsraamwerk waarbinne dit afgehandel moet word en die grondslag waarvolgens dit gedoen sal word. Dit sal bestendigheid op die mark en gerustheid in landbougeledere meebring."

'n Ekonomiese visie moet tussen die Regering en die private sektor ontwikkel word wat eienskappe soos markgedrewenheid en kulturele aanvaarbaarheid bevat. Gesamentlike optrede is nodig om kundigheid, bestuursvernuf en tegnologie uit te ruil en beskikbaar te maak.

Daarom moet die voorgestelde staande komitee in die Premier se kantoor so gou moontlik in werking gestel word om daaraan aandag te gee.

Mnr. Möller het gesê indiensneming in die landbou word benadeel deur stram arbeidswette, ondersoeke deur die Menseregtekommissie en ongunstige opmerkings deur vakbondleiers. Dit is kommerwekkend as die vlak van werkloosheid in ag geneem word.

Die versoek aan die Regering is dat die voorgestelde minimumloon op 'n realistiese vlak vasgestel word sodat boere dit kan steun. 'n Omgewing moet geskep word wat daartoe sal lei dat arbeid in die landbou skaars sal word.

Die Verblyfregwet behoort in die Grondwethof getoets en gewysig te word. Soos dit tans lui, tas dit die eiendomsreg en die reg van boere om hul ondernemings te bedryf, aan. Die georganiseerde landbou het nie 'n probleem met die beskerming van werkers se regte nie, maar nie ten koste van dié van hul werkgewers nie.

Hy het gesê voldoende en billike ramphulp is noodsaaklik vir die waarborg van volhoubare landbou. Die landbou vra 'n sinvolle beleid waarvolgens hulp verleen kan word in die geval van natuurrampe.

30 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.95
+0.7%
Rand - Pond
19.32
+0.0%
Rand - Euro
17.25
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,635.69
+0.8%
Silwer
18.68
+1.8%
Palladium
2,109.61
+3.3%
Platinum
860.23
+0.9%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,575
+0.5%
Alle aandele
63,957
+0.5%
Hulpbronne 10
56,952
+1.3%
Industriële 25
79,154
-0.5%
Finansiële 15
14,205
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot