Dit is noodsaaklik dat openbare én private grondeienaars behoorlik in ekologiese infrastruktuur (EI) belê om die beskerming van biodiversiteit te verseker.
Dit sluit onder meer in bergopvangsgebiede, vleilande en kusduine wat as belangrike hulpbronne vir omliggende gemeenskappe beskou word.
Só sê navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die nasionale departement van omgewingsake, bosbou en visserye ná ’n oorsig oor toepaslike inligtingsbronne oor bewaring wat veral in vaktydskrifte van 1970 tot 2019 verskyn het, in die South African Journal of Science gepubliseer is.