AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Beloftes aan De Doorns-werkers ‘tydbom’

Leë beloftes aan plaaswerkers in De Doorns is ‘n “tikkende tydbom” is aan ? hoë ANC-afvaardiging gesê.

Waarskuwings is aan die Regering gerig dat leë beloftes die tikkende tydbom in De Doorns weer sal laat bars as aandag nie aan brandende kwessies gegee word nie.

Onder luide toejuiging van plaaswerkers en honderde gemeenskapslede het die plaaslike ANC-raadslid mnr. Pat Marran hierdie boodskap aan me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, en mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, asook sy adjunk, mnr. Mcebesi Skwatsha, oorgedra toe hulle plaaswerkers in De Doorns oor hulle arbeidsregte ingelig het.

Die Regering het op ’n gereelde grondslag hierdie gebied begin besoek nadat gewelddadige plaaswerkerstakings in 2012 hom genoop het om meer te doen om hul lewensomstandighede te verbeter.

Minimum loon

Gedurende die stakings het die werkers onder meer geëis dat die minimumloon/sektorale vasstelling tot R150 per dag verhoog moet word en dat dienste, soos die betaling van toelaes en binnelandse sake, na die plase gebring moet word. Die huidige sektorale vasstelling is R128,26 per dag.

Oliphant het gesê dat samesprekings rakende die moontlike instel van ’n nasionale minimumloon reeds ver gevorder het. Die Regering sien die instel van so ’n loon as een van die meganismes om ongelykhede in inkomste te verminder.

Oliphant het aangedui dat die bedrag van ’n nasionale minimumloon nog vasgestel moet word.

Hoe gaan die loon lyk?

“Die adjunkpresident het kenners aangestel wat hom gaan adviseer hoe so ‘n loon moet lyk gebaseer op die maatskaplike-ekonomiese uitdagings. Ons kan nie net na ’n syfer kyk sonder om die maatskaplike-ekonomiese uitdagings in ag te neem nie.”

Sy glo dat die Regering ’n verslag teen einde September sal ontvang oor hoe hierdie bedrag daaruit moet sien.

Die georganiseerde arbeid, die sakesektor, die gemeenskap en die Regering het elk hulle eie idee van wat die bedrag moet wees, maar dat hulle nie baie van mekaar verskil nie, sê Oliphant. Sy wou egter nie die bedrae bekendmaak nie en aangedui dat die Regering na ondermeer die land se gemiddelde loon en die maatskaplike-ekonomiese uitdagings in ag wil neem.

'Mooi prentjie'

Mnr. Pat Marran, die plaaslike ANC–raadslid, wat deur me. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, voorheen daarvan beskuldig is dat hy ’n sleutelrol gespeel het om die stakings te mobiliseer, het aan die ministers vertel dat die mooi prentjie wat deur boere geskets word, glad nie die waarheid is nie. Hy sê die mense wat toesien dat kos geproduseer word, nie genoeg geld het om hulle gesinne gedurende die stil seisoen te voed nie.

Hy het ’n beroep op Zokwana gedoen om nie bang te wees om sy begroting vir voedselsekerheid op die mense van De Doorns te bestee nie. Hy het ook uitgewys dat minder as 1% van die landbougrond in die Hexriviervallei word deur swart mense besit, dit terwyl Boesmantekeninge teen die berge ’n bewys is dat die Khoisan eerste daar was.

Zokwana het die plaaswerkers aangemoedig om by vakbonde aan te sluit om hulle kwessies te beveg.

* Mnr. Carl Opperman, hoof van Agri Wes-Kaap, het by navraag gesê dat dit rustig in die provinsie is en veral spesifiek daardie gebied wat ’n brandpunt was. “Die uitvoerprodukte voldoen aan die etiese kodes en die wetgewing en die produsent besef dit is vanweë sy goed opgeleide werkmag.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot