
Die Suid-Afrikaanse lietsjie-seisoen het weens die droogte vanjaar laat begin, sê Subtrop, die sambreelliggaam vir subtropiese gewasse, op die webwerf Freshplaza.com.
“Aanvanklike skattings dui dat volumes ten minste so goed soos verlede jaar sal wees, en selfs moontlik ’n bietjie beter. Weerstoestande sal natuurlik hul rol speel in die algehele seisoen,” sê mnr. Derek Donkin van Subtrop.
“Daar was somerreën in al die produskiegebiede, wat goed is. Temperature is ook nie dié seisoen sover te hoog nie. Verlede jaar die tyd was daar produksieverliese weens uitermatige temperature en daar was baie vrugte wat sonskade gely het. Op dié stadium lyk dinge beter, so kom ons hoop die weer bly goed,” voeg hy by.
Lees die volledige berig hier.