AFGRI
BEAN
06 Feb
-
8953
178,00
CORN
06 Feb
-
4653
112,00
SOYA
06 Feb
-
8739
106,00
SUNS
06 Feb
-
10232
102,00
WEAT
06 Feb
-
6764
63,00
WMAZ
06 Feb
-
4367
67,00
YMAZ
06 Feb
-
4447
57,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Bemark SA wyn beter – Johann Rupert

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf moet homself beter bemark as hy as ’n ernstige wynproduserende land opgeneem wil word, sê mnr. Johann Rupert.

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf moet homself beter bemark as hy as ’n ernstige wynproduserende land opgeneem wil word, sê mnr. Johann Rupert.


Rupert was die genooide spreker op VinPro se inligtingsdag wat vanoggend op Somerset-Wes plaasgevind het.  Die gehoor van sowat 500 wynboere het aan sy lippe gehang toe hy sê die bedryf plaas te veel klem op biodiversiteit en te min op ’n werklik treffende boodskap oor die wynbedryf.


“Ons handelsmerk is nie korrek nie. Ek haat dit om dit te sê, maar as jy oorsee is, is die grootste kommunikasie oor Afrika dié van mense wat geld insamel vir liefdadigheid en dit is ’n beeld van honger babas met vlieë op hulle. So, Afrika, so lief soos ons vir Afrika is, se beeld is nie so goed soos Europa s’n vir byvoorbeeld verwerkte voedselprodukte nie.”


Beeld kort aandag

Rupert sê die beeld van Suid-Afrikaanse wyn moet ernstig aandag kry.

“Ek glo Wines of South Africa (Wosa) doen fenomenale werk, maar mense koop nie wyn as gevolg van biodiversiteit nie. Ons moet ’n eenvoudige, opregte, herhalende boodskap kry, en dit is nie biodiversiteit nie.


"Ek sien dit oorsee: Mense weet byvoorbeeld nie hoe lank Suid-Afrika al wyn maak nie. Hulle moet dit weet, want dit gee aan jou integriteit. Die mense glo jy kan dit doen.”


Op ’n vraag hoe die ideale boodskap sal lyk, het Rupert geantwoord:


“Ek weet nie. Ek vra net die vrae. Ek dink ons het soveel goeie goed wat ons wel kan sê, maar ek dink nie veldblomme is deel daarvan nie. Jy moet ’n enkelboodskap hê, maar dit moet verdedig kan word. Ons moet eties optree en kyk na ons mense en die natuur. Maar om na die natuur te kyk, is nie ’n verkoopspunt nie.


Bemarking en navorsing

"Ek blameer nie vir Wosa nie, ek blameer die advertensie-agentskap wat dit uitgedink het, en ek dink nie hulle het behoorlike marknavorsing gedoen nie!”


Rupert meen die wynbedryf moet tien tot vyftien goeie wyne wat konstant goed presteer, op die voorgrond sit. Hierdie wyne moet op ’n jaarlikse grondslag goed wees, teen ’n goeie prys aangebied word en goeie resensies in gesaghebbende bronne kry.


“Dán gaan jy Suid-Afrika se beeld as ’n ernstige wynland bou.”


19 Januarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.50
-0.1%
Rand - Pond
21.07
-0.1%
Rand - Euro
18.87
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Platinum
975.90
+0.2%
Palladium
1,623.25
-0.5%
Goud
1,880.08
+0.5%
Silwer
22.56
+0.9%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,768
-0.4%
Alle aandele
79,914
-0.4%
Hulpbronne 10
74,475
-1.0%
Industriële 25
103,545
+0.1%
Finansiële 15
16,387
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van rondry soek metgesel
Ek is eerlik en opreg. Hou daarvan om mense te ondersteun en gelukkig te sien. Lief vir buitelewe. Is nog jonk van gees. Nie vol fimies.
Lewe is n avontuur
Ek is n lewenskustige dame wat daarvan hou om tyd in die natuur deur te bring nie bang vir nuwe uitdagings nie en gereeld opsoek na my volgende avontuur
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot