AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Benede-Oranje se water kan week lank bly styg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Só wyd het die Benede-Oranjerivier op 25 Januarie vanjaar geloop. Foto: Wilco Fourie
Só wyd het die Benede-Oranjerivier op 25 Januarie vanjaar geloop. Foto: Wilco Fourie
Watervlakke van die Benede-Oranjerivier kan ’n week lank bly styg ná die swaar en aanhoudende reën in sy opvangsgebiede.

Boere aan die Benede-Oranjerivier kan verwag dat die vlak van die Benede-Oranjerivier deur die Paasnaweek en die week daarna kan bly styg, sê mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie.

Die dag voor die Paasnaweek het syfers oor die vloei van onder meer die Oranje- en Vaalrivier, asook ander riviere wat in die Benede-Oranjerivier inloop, daarop gedui dat die hoogste vloei 2 600-2 800 kubieke meter per sekonde (kumek) kan wees, maar dit was nog ’n baie vroeë raming. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het nóg reën vir verskeie gebiede oor die Paasnaweek voorspel.

Einde Januarie vanjaar het die riviervloei ná die swaar reën in dié maand by sowat 3 800 kumek gedraai.

Fourie sê onder 3 000 kumek ly boere gewoonlik min tot geen strukturele skade nie, maar laer lande se oeste kan benadeel word. Rondom 3 000 kumek is sekere paaie onbegaanbaar en begin water by lande instoot, veral waar vloedwalle nie herstel is nie. Teen 3 500 kumek begin die situasie nóg ernstiger raak en raak die risiko’s vir skade al hoe groter.

Op Donderdagoggend 14 April was die vloei by Katlani 1 850 kumek. Dit is die eerste meetpunt ná die samevloeiing van die Oranje- en Vaalrivier. Vanweë die reën in die opvangsgebiede word verwag dat die vloei by Katlani op Goeie Vrydag 2 100 kumek kan wees. Dit duur sowat drie dae vir die water om van Katlani tot by Upington te vloei.

Die uitlaat uit die Bloemhofdam is op Donderdagmiddag 14 April tot 1 400 kumek verhoog. Die hoogtepunt vir uitvloei uit die Gariepdam is vir Saterdag 16 April verwag, naamlik 1 010 kumek en uit die Vanderkloofdam op Paasmaandag, 18 April, naamlik 910 kumek.

Fourie sê teen dié soort vlakke kos dit water gewoonlik sowat vyf dae om vanaf die Bloemhofdam na Katlani te vloei.

Die watervlak by die Groblershoopbrug was op Woensdagmiddag 13 April 2,9 m en op Donderdagoggend 14 April 3,2 m.

Fourie sê dit is hoogs ongewoon dat die Benede-Oranjerivier teen dié soort vlakke in April vloei. Die hele somer was die vlak ongewoon hoog. Die rivier het op 19 Desember 2021 die eerste keer teen 1 000 kumek gevloei en die vloei was sedertdien net vir twee kort tydperke laer.

“As ’n mens teen ’n gemiddelde vloei van 1 000 kumek ’n eenvoudige som maak, is meer as dubbel die inhoud van die Gariepdam al hierdie seisoen hier by ons verby.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.86
+0.1%
Silwer
20.81
+0.7%
Palladium
2,271.47
+0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot